CrimeNews

Roof en hekmotordiefstal wek toenemend kommer by EPR in Mogale

Die jongste misdaadverslag van EPR-sekuriteit wys dat hulle die afgelope week gereageer het op 25 insidente in Mogale City. Drie daarvan was roof.

EPR-sekuriteit het hul jongste misdaadverslag bekend gestel, en daarvolgens is daar tussen 18 en 24 Oktober 25 voorvalle by die sekuriteitsfirma aangemeld.

EPR-sekuriteit se algemene bestuurder aan die Wes-Rand, Johan Krogh het vertel dat daar drie rowe by wonings by hulle gerapporteer is.

Twee daarvan het Vrydagoggend, 22 Oktober plaasgevind – die eerste een by ‘n huis in Fisherstraat in Krugersdorp-Wes, en die tweede een in Berilstraat in Silverfields.

Die derde een was Saterdagaand, 23 Oktober in Dorpuitsigstraat in West Village.

Daar is ook vyf sake van saakbeskadiging aangemeld waarvan een by ‘n substasie in Tom Mullerstraat in West Village was. Verder is daar sewe diefstalvoorvalle en vier huisbrake by hulle aangemeld.

Ander sake was vir betreding, voertuigdiefstal, bedrog, poging tot diefstal, gesinsgeweld en intimidasie.

Krogh het gesê dat hulle ook ‘n styging in die voorkoms van hekmotordiefstal opgemerk het, veral in die plotareas soos Honingklip en Kromdraai.

Hy het inwoners gemaan om bedag en paraat te wees.

EPR-sekuriteit se jongste misdaadverslag.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.
Check Also
Close
Back to top button