Local newsNews

Noah’s Ark maak hul harte oop vir diere, gemeenskap

Die Noah's Ark organisasie beplan groot dinge vir 2021 en wil graag seker maak dat elke kind elke dag eet.

Die span van die Noah’s Ark-liefdadigheidsorganisasie het ‘n passie vir mense en diere in hul gemeenskap. Na ‘n besige 2020 beplan hulle selfs groter dinge vir 2021.

Die hardwerkende hande agter dié organisasie is Willem en Frans van der Berg-Pretorius, en Riaan Swart.

Frans het vertel dat hulle weggooi- en straatdiere inneem en vir hulle goeie huise soek. Hulle probeer ook om diere-organisasies te ondersteun met kos en ander donasies.

Die span het ‘n hele paar gemeenskapsprojekte wat hulle deurentyd aan die gang probeer hou. Hul drie hoofprojekte is die Noah’s Ark Take a Bite out of Hunger, Noah’s Ark Hope Lunchbox, en Noah’s Ark Pen to Success.

Hulleake a Bite out of Hunger-program fokus daarop om behoeftige families in die gemeenskap te ondersteun met ‘n kospakkie een keer ‘n week terwyl hulle Pen to Success-projek skryfbehoeftes en skoolbenodigdhede bymekaar maak vir kinders wie se ouers dit nie kan bekostig nie.

As deel van hul Lunchbox-projek pak hulle vir skoolkinders ‘n kosblik vir skool. Frans het verduidelik dat dit baie keer die enigste kos is wat sommige kinders kry en daarom is hierdie projek vir hulle besonder belangrik.

Een van die kindertjies wat bederf is tydens die Kersfunksie. Foto ingestuur.

Tussendeur fokus hulle ook op kleiner projekte en het oor Kersfees vir 26 kinders en drie bejaardes ‘n Kersfunksie gehou.

Elke kind het ‘n worsbroodjie, ‘n pakkie lekkergoed en ‘n Kersgeskenk by Kersvader gekry. Hulle het ook hulle agtererf soos ‘n sprokie laat lyk en die kinders laat foto’s neem in die sprokieswêreld.

Hierdie jaar beplan hulle projekte vir Paasfees, Mandela-dag, ‘n winterprojek en dan nog ‘n Kersfunksie.

Dié niewinsgewende organisasie maak geheel en al staat op donasies van die gemeenskap.

Hulle bedank graag vir Midas vir die donasies wat oor Kerstyd hul Kersfunksie ‘n realiteit gemaak het.

Indien jy die organisasie wil ondersteun, skakel gerus vir Frans by 067 078 1881.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.
Back to top button