Local newsNews

Waterprojek weer op die been

'n Plaasliek afsetpunt is nou weer beskikbaar.

Die onlangse droogte het baie oë laat oopgaan.

Nou vat plaaslike besighede en skole hande om water in te samel en na droogtegebiede te neem. Dit is wel nie die eerste projek van sy soort nie.

Aan die begin van Januarie het Krugersdorp Gemeenskapspolisiëringforums saamgewerk om meer as 60 000 liter water bymekaar te maak en na dorpe soos Viljoenskroon in die Vrystaat te neem.

Nou stel Glen Quirck, Fine Home se prinsipaal, sy besigheidsperseel as ’n afsetpunt beskikbaar vir die gemeenskap om water daar af te lewer.

“Ons weet dat om die water te vervoer die grootse struikelblok is, so ons gaan voorsiening maak vir trokke en drywers. Ons doen ’n beroep op die gemeenskap om hul watergevulde tweeliter-bottels hier te kom aflewer,” het Glen gesê.

Hierdie groep gaan sorg dat die water by Boshof, ’n dorp in die Vrystaat, afgelewer word.

Glen het ook gesê huisagente kry op ’n daaglikse basis met mense te doen, daarom is daar geleentheid om meer mense om hulp te vra.

“Ons wil graag aan die gemeenskap terug gee. Ons sien daar is ’n nood en ons wil doen wat ons kan om te help,” het hy gesê.

Hoërskool Noordheuwel het reeds aangebied om een trok vol te pak met water wat by die skool se boorgate gevul kan word.

Hoërskool Monument het ook onlangs aan Operation Hydrate deelgeneem, waar Monumentare duisende liter water geskenk het aan die droogtegebiede van die Vrystaat, Noordwes en Noord-Kaap.

As jy graag wil help met die projek, laai gerus water by Clarestraat 14 in Kenmare af.

Verwante artikels:

• Waterprojek op een been

• [FOTO’s] Duisende liters water oppad Vrystaat toe

 

Back to top button