Local newsNews

Deo Gloria vergeet nie van bejaardes

Die sopkombuis wat honderde kinders help, het vanjaar ook die bejaardes bederf vir Kersfees.

Nie net maak hulle honderde kinders se magies vol elke dag nie, maar hulle vergeet ook nie van die goue inwoners van die dorp nie.

Bejaardes, meestal van Burgershoop, was by Deo Gloria Huis se kantore onthaal en het selfs geskenkies op 11 Desember ontvang.

“Ons het vir elkeen badbenodighede gegee, toegedraai in ‘n skoenboks onder die kersboom,” vertel Chritsa le Roux, Deo Gloria Huis se medestigter.

Twee barmhartige samaritane, Marlise Hall en Engela Crous, wat gereeld skenkings aan die huis maak, het díe keer besluit om self die geskenkies te kom oorhandig.

“Ons wou meer persoonlik raak en die ou mensies se gesigte sien,” vertel Marlise.

Elke jaar word die bejaardes genooi en word daar aan hulle gewys dat hulle nog belangrik is.

“Baie van die bejaardes sukkel vreeslik en hulle hou nie regtig meer van Kersfees nie,” sê Christa.

Toe die News aan een van die bejaardes, Aletta Wilken, vra hoe sy voel oor die bederf, was die dankbaarheid in haar oë opreg en duidelik.

“Dit is regtig wonderlik, my kind,” sê sy met ‘n breë glimlag op haar gesig.

Verwante artikels:

• Brand? Nee dit is Kersvader!

• Delicious dishes on Mandela Day

• Sopkombuis ly verlies weens inbraak

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button