Local newsNewsSchools

Monique nou twee keer ‘n dux-leerling

Wat is haar geheim tot 'n suksesvolle akademiese skoolloopbaan?

Nie net het Monique Britz in Graad 7 die hoogste akademiese prys gewen nie, maar nou weer in matriek slaan sy die prys van 2015 se dux-leerling los.

Wat is haar geheim tot ‘n suksesvolle akademiese skoolloopbaan?

“Ek kry tyd om te ontspan en maak seker ek werk baie hard,” vertel sy toe die News haar by haar huis in Krugersdorp-Wes gaan besoek het. Monique was besig om voor te berei vir die huidige eindeksamen wat soveel jong matriekulante in stresbolle verander.

De 17-jarige slimkop lees al vandat sy vyf jaar oud is haar ouer suster se boeke.

“Ons het besluit om haar vroeër in die skool te sit,” het haar ma, Aletta Britz, gesê.

Monique het ook in al sewe haar vakke die beste gevorder, sy het ‘n ereklere toekenning verdien en haar werk word vir volgende jaar se Hoër Tegniese Skool Nic Diederichs matrieks as voorbeeld gebruik.

“Ek wil studeer, maar ek is nog nie seker wat nie. Ek gaan daarom ‘n oorbruggingsjaar vat om my voelers uit te steek en te sien wat my interesseer,” sê sy.

Monique hou baie van binnehuise ontwerp en dink sy sal ‘n goeie haarkapper maak. Maar sy voel ‘n beroep in projekbestuur klink ook opwindend.

Nie een om teveel te spog nie, gee Monique ook eer aan die ondersteuning wat sy van haar familie en onderwysers gehad het. As haar onderwysers haar nie so aangemoedig het om te presteer nie, sou sy seker nie hierdie prestasie kon behaal nie.

“Ja, ek dink ek is gereed vir die grootmenswêreld,” antwoord sy.

“Ek het baie lewensvaardighede by my ouers en selfs ook by die skool geleer.”

Monique verduidelik dat kompiterende leerlinge haar baie geleer het van wat sy kan verwag wanneer sy haar brood en botter gaan begin verdien.

Verwante artikels:

• ‘n Leemte na twee van Nic Diederichs sterf

• Skuif op Rocco, hier kom Johan

• Hoër Tegniese Skool Nic Diederichs Matriekafskeid

Back to top button