CrimeLocal newsNews

SAPD sonder tande gelaat deur regering

Amanda de Lange, Vryheidsfront Plus raadslid vir Mogale City gesels oor die polisie se kommerwekende situasie.

Terwyl gemeenskappe regoor die land in tweespalt is oor die onlangse voorval van ‘n vermeende huisrower wat eksukisie-styl in die kop geskiet is deur ‘n lid van die SAPS nadat hy reeds in ‘n oor-en-weer skietery met die polisie gewond was en op die grond gelê het, hang daar nou ook ‘n swaard oor die stasiebevelvoerder se kop van ‘n moontlike skorsing, sê Amanda de Lange Vryheidsfront Plus raadslid vir Mogale City.

In die misdaad geteisterde tyd is mens se eerste reaksie byna dat die vermeende rower sy verdiende loën gekry het hoewel die blatante optrede van die polisielid en sy kollegas skep die indruk dat SAPD lede die reg het om ‘judge and jury’ te speel oor die publiek wat totaal onaanvaarbaar is.

“Wat egter ook kommer wek,” sê De Lange, “is die dreigende skorsing oor die stasiebevelvoerder van die Krugersdorp SAPD se kop omdat hy volgens inligting ‘nie genoeg gedoen’ het aan die betrokke lede nie.”

Volgens raadslid De Lange is die groot vraag ‘wat doen die nasionale regering om die stygende misdaadklimaat in Suid-Afrika te bekamp?’

Talle spesiale taakspanne wat misdaadvoorkoming moes beoefen is die afgelope paar jaar ontbind deur die nasionale regering wat plaaslike polisiëring sonder tande laat. Die taakspanne is nie vervang met enige alternatiewe misdaadbekampingseenhede of strukture nie.

Daar is duisende poste binne die SAPD vir jare reeds vakant wat plaaslike polisie eenhede ontredderd laat met ‘n ernstige tekort aan personeel. In gevalle waar die polisie ontbied word na ernstige misdaad tonele is daar die minimum lede wat reageer weens die ernstige tekort aan personeel wat polisielede en die publiek kwesbaar laat.

Die Vryheidsfront Plus hou vol dat die bekampig van die steigende misdaad syfers in Suid Afrika die primêre fokus van die nasionale regering behoort te wees. Dit is ‘n nasionale krisis en kan nie aan die plaaslike SAPD oorgelaat word om hul eie metodes te implimenteer nie.

De Lange sê die handeling van die Krugersdorpse polisielid kan nie goedgepraat word nie maar die boodskap is duidelik dat Suid Afrikaners genoeg gehad het van die ernstige misdaad wat hul daaglikse bestaansreg bedreig.

Soortegelyke artiekels: 

[GRAPHIC VIDEO] Suspect lies in pool of blood after ‘execution

Executing cops in court tomorrow

One dead as police return fire

Back to top button