Local newsNewsSchools

Nories wen avontuur-kampioenskappe

Hoërskool Noordheuwel is trots op hul senior avontuurspan wat as wenners by die nasionale kampioenskappe weggestap het.

Verbeel jou jy ry fiets en hardloop vir 10 uur lank? Nories se wenspan het dit só gedoen – en gewen.

Hoërskool Noordheuwel se senior (o.19) avontuursportspan, XCelr 8, het op 26 September die Suid-Afrikaanse Avontuur-kampioenskappe in Pietermaritzburg gewen.

Die kampioenskappe het by Baynesfield, in die bloedige son, plaasgevind.

Die deelnemers het 4vm weggespring en het onder andere fiets gery, gehardloop, ’n hindernisbaan voltooi en probleemoplossing gedoen. Nories se senior span het in ’n tyd van 10 uur en 20 minute klaargemaak.

Die skool se o.15-span het in hul ouderdomsafdeling algeheel vierde geëindig.

Piet Lötter van die Suid-Afrikanse Avontuur-kampioenskappe het gesê hy was bly daar is geen ernstige beserings opgedoen tydens die toernooi nie en die weer het ook lekker saamgespeel.

Verwante artikels:

[VIDEO] Cyclists braved the cold and wet during race

Derde Noordvaal-wen vir Nories se eerstes

Back to top button