MunicipalNews

Gebarste pyp blitsig herstel

'n Inwoner van Mindalore is aangenaam verras deur die flukse diens deur Mogale City se waterafdeling.

Toe ’n pyp naby Jimmy Erasmus se huis bars, het hy verwag die water gaan heel aand in sy erf instroom, maar hy is aangenaam verras.

Erasmus meen Mogale City Plaaslike Munisipalteit se waterafdeling het uitstekende diens gelewer toe hy ’n gebarste pyp op Maandag 27 Julie rapporteer.

“Die pyp het net voor 10.30nm gebars. Ek het Mogale City gebel en binne 20 minute het hulle opgedaag,” het Erasmus vertel.

Jimmy Erasmus  is baie tevrede met Mogale City se diens.
Jimmy Erasmus is baie tevrede met Mogale City se diens.

Hy is self ’n afgetrede waterinspekteur wat vir 17 jaar by Metro Bulk Water in Johannesburg gewerk het. Erasmus Mogale City se waterafdeling weet wat hulle doen.

“Die watertoevoer is dadelik afgesit en herstelwerk het begin.”

Erasmus het koffie vir die munisipale werkers aangedra tot 2.30vm toe die pyp uiteindelik herstel is. Erasmus het DA-raadslid De Waal Venter later die dag gebel om oor die diens te spog.

“Daar is goeie kommunikasie tussen raadslede en die bestuur van die waterafdeling,” het Venter gesê.

Alhoewel, die gebarste pype gaan heel moontlik nie binnekort ophou nie. Volgens Venter is die infrastruktuur en waterpype verouderd en moet dit vervang word. Mogale City het wel ’n tender uitgereik sodat ’n maatskappy die waterpype in Mindalore moet vervang.

“Mense moet verstaan dat hierdie werkers elke dag baie gebarste pype regmaak. Toe ek nog gewerk het, het ons oor ’n 1 000 oproepe oor gebarste pype ontvang,” het Erasmus vertel.

Te danke aan die vinnige herstelwerk, kan Jimmy Erasmus nog 'n glas water geniet.
Te danke aan die vinnige herstelwerk, kan Jimmy Erasmus nog ‘n glas water geniet.

Hy glo sy lopende water is in veilige hande by Mogale City se waterafdeling.

Stem jy saam met Erasmus dat Mogale City se waterafdeling goeie diens lewer? Vertel ons jou opinie deur jou kommentaar onder te los.

Related articles:

• Residents blame Mogale for water crisis

• Waterpyp bars in Adamstraat

• Die krane is alweer droog

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button