Editor's choiceLocal newsMunicipalNews

Die krane is alweer droog

Sommige Mindalore-inwoners sal moontlik vir 'n paar uur sonder water sit na nog 'n pyp gebars het.

Inwoners van Mindalore sit alweer sonder water.

Inwoners van dié area sukkel al vir sowat twee weke met pype wat lings en regs bars.

DA-raadslid vir Wyk 9, Dewaal Venter meen die lae temperature het ’n impak op die verouderde pype.

Venter het verduidelik ’n tenderproses is aan die gang om die vervalle pype te vervang.

“Volgens die munisipale woordvoerder sal dit nie môre of oormôre gebeur nie, maar hopelik sal die pype later vanjaar vervang word.”

’n Klagte dat ’n pyp op die hoek van Impalaweg en Bowstraat gebars het, is vanoggend omstreeks 7vm by Dewaal aangemeld.

Hy het dadelik werk daarvan gemaak en die probleem by die hoof van die Departement van Water aangemeld.

Munisipale werkers was kort daarna op die toneel en werk tans daaraan om die gebarste pyp te vervang.

Daar is ’n modderhoop waar die werkers grawe om te bepaal waar die pyp gebars het.

Die waterklep is intussen toegedraai om die water wat by die pyp uitstroom te stop, wat beteken sommige inwoners in die area sal moontlik vir die volgende paar uur sonder water sit.

“Die goeie nuus is dat Mindalore-inwoners kan verwag dat die hele waterstelsel later vanjaar vervang sal word. Dit spyt my dat inwoners intussen van tyd tot tyd verontrief sal wees,” het Venter gesê.

Sien meer fotos hier

Soortgelyke artikels: 

[INFOGRAPHIC]: Be prepared: 22 hour water … – 

Use water sparingly

Geen water by aftree-oord?

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 435 3799.

Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Roodepoort Record en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button