Local newsNews

‘n Warm verskil aan haweloses gemaak

Die Sektor 4 Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) het warm kombers, klere en nie-bederfbare voedselitems van die gemeenskap aan The Tower of Life oorhandig.

Dit gaan ‘n warmer winter-seisoen vir Krugersdorp se haweloses wees.

Krugersdorp se Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) het die afgelope twee naweke die koueweer trotseer om onder andere komberse, klere en nie-bederfbare kos in te samel wat reeds aan die Tower of Life, ‘n nagskuiling vir haweloses in Rissikstraat oorhandig is.

Rose Menezes, skakelbeampte vir Sektor 4 het gesê die GPF het besluit om betrokke te raak nadat hulle saam met die Maatskaplike Werkers Ontwikkelingsgroep van die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) verskeie skuilings in die dorp gaan besoek het.

Melissa Noortman (Mej Mogale se Senior Eerste Prinses) gee vir die Tower of Life inwoners Christoff Gouws en Christo Kruger 'n basiese benodighede sakkie wat onder andere tandepasta, 'n tandeborsel, seep en 'n waslap bevat.
Melissa Noortman (Mej Mogale se Senior Eerste Prinses) gee vir die Tower of Life inwoners Christoff Gouws en Christo Kruger ‘n basiese benodighede sakkie wat onder andere tandepasta, ‘n tandeborsel, seep en ‘n waslap bevat.

“Ons was dadelik aangeraak toe ons die mense en hulle omstandighede raakgesien het. Dit is nie ons eerste liefdadigheidsprojek wat ons aanpak nie en gaan verseker ook nie ons laaste projek wees nie.”

Rose het gesê hulle wil die Ikusasa Sentrum in Von Brandisstraat, wat na hawelose straatkinders omsien, sowel as bejaardes van verskeie van die dorp se ouetehuise gaan bederf.

Tower of Life is met komberse en ander broodnodige items bederf.  Hier oorhandig die Sektor 4 Gemeenskapspolisiëringsforum lede Rose Menezes (links) en Lindie Breet (regs), haar dogter Daney en Melissa Noortman (Mej Mogale se Senior Eerste Prinses) nie-berfbare kos en komberse aan Tower of Life se voltydse werknemers Anthony Weilbach en Gabriel Bantjies.
Tower of Life is met komberse en ander broodnodige items bederf. Hier oorhandig die Sektor 4 Gemeenskapspolisiëringsforum lede Rose Menezes (links) en Lindie Breet (regs), haar dogter Daney en Melissa Noortman (Mej Mogale se Senior Eerste Prinses) nie-berfbare kos en komberse aan Tower of Life se voltydse werknemers Anthony Weilbach en Gabriel Bantjies.

“Beplanning word ook reeds gedoen om oor sowat twee maande van nou deur Krugersdorp se strate te stap waar ons papiere en ander rommel wat die strate vol besaai lê te gaan optel.”

‘n Karwas inisiatief gaan ook nog plaasvind waar GPF-lede die gemeenskap se karre gaan was en dan op hierdie manier geld insamel wat weer in die gemeenskap teruggeploeg sal word.

Rose Menezes (links) en Yvette Starke (regs) van die Sektor 4 Gemeenskapspolisiëringsforum het saam met Melissa Noorman (Mej Mogale se Senior Eerste Prinses) tyd afgestaan om vir die gemeenskap iets terug te gee.
Rose Menezes (links) en Yvette Starke (regs) van die Sektor 4 Gemeenskapspolisiëringsforum het saam met Melissa Noorman (Mej Mogale se Senior Eerste Prinses) tyd afgestaan om vir die gemeenskap iets terug te gee.

Melissa Noortman, Mej Mogale se Senior Eerste Prinses het saam met die GPF-lede komberse uitgedeel en het ook ‘n basiese benodighede-sakkie met ‘n tandeborsel, tandepasta, seep en waslap aan die haweloses gegee wat beslis ‘n glimlag op elkeen se gesig geplaas het.

“As mense weet van enige skuilings, of liefdadigheidsprojekte kan hulle ons verseker daaroor inlig,” het Rose gesê.

Basiese items soos kos, komberse en klere kan steeds geskenk word en mense word daaraan herinner dat kaartjies vir ‘n nag se verblyf by die Tower of Life beloop teen R20 ‘n kaartjie en kan ook by die GPF aangekoop word.

Hierdie kaartjie verskaf ook ‘n bord kos en ‘n warm stort.

Verwante artikels:

Sektor 4 wil nooddienste help

GPF reël toktokkie-pret in Kenmare

Bejaardes se veiligheid lê GPF na aan die hart

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 435 3799.

Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Roodepoort Record en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Back to top button