Local newsNews

[FOTO’s] Gemeenskapsentrum vuurwarm vir winter

Altesaam 80 komberse is vir 'n gemeenskapsorgsentrum se kinders uitgedeel wat deur Checkers geskenk is as deel van hulle winter-veldtog.

Dit gaan vanjaar ‘n warmer winter vir vele kinders van die Krugersdorp-Wes, Appelpark en Burgershoop areas wees.

Altesaam 80 komberse is vir Mug & Tree Gemeenskapsorgsentrum se kinders uitgedeel wat deur Checkers geskenk is as deel van hulle winter-veldtog.

Verskeie bekende persoonlikhede eie aan die Wes-Rand soos Mnr Suid-Afrika Armand du Plessis, Mev Suid-Afrika-finalis Marcelle Allison en Mej Suid-Afrika 2016 deelnemer Megan Hannekom het handjie bygesit.

Sufura Sheriff, skakelbeampte vir Shoprite Checkers en Checkers Hyper het gesê die veldtog getiteld #ActsofWarmth word regoor die land gehou en handel veral oor verskillende persoonlikhede wat ‘n verskil wil maak.

Daarom het hulle vir Armand genader en gevra of hy ‘n liefdadigheidsorganisasie in Krugersdorp kan ondersteun en dit is hoe Mug & Tree geïdentifiseer is.

“Dit is vir my ‘n groot plesier en voorreg om hier te wees. Dit gaan oor om ‘n verskil in ander se lewens te maak. Daar is so baie mense wat die koue winter trotseer en ‘n mens moet aan hierdie mense dink wat nie komberse het nie.”

Marcelle het gesê dit is vir haar lekker om die glimlagte op kinders se gesigte te sien wanneer hulle die komberse ontvang.

Checkers gaan ook vir die kinders serpe en mussies verskaf.

Verwante artikels:

• Treinritte bring glimlagte vir Kersfees

• Bikers bederf gemeenskap se kinders

• Huwelik gaan van krag tot krag

Back to top button