Local newsNews

Koerantverkoper verdwyn spoorloos

Man van Munsieville informele nedersetting is dringend op soek na sy vrou wat verdwyn het.

‘n Vrou wat koerante verkoop het gister, 28 Junie, spoorloos in Witpoortjie verdwyn.

Die 36-jarige Marinda Labuschagne, ‘n inwoner van die Munsieville informele nedersetting het verdwyn kort nadat sy in Oranjestraat afgelaai is om koerante te verkoop.

Sy werk al sowat ses jaar by verskeie straatkruisings waar sy Sondagoggende Rapport-koerante verkoop.

Haar man, Hannes Labuschagne, het aan die News vertel sy het die bestuurder van die aflaaitrok geskakel minute nadat hy haar by haar verkooppunt afgelaai het. Sy het angsbevange vir hom gesê, “Hulle vat my”.

Volgens haar man het sy ‘n grys baadjie, ‘n blou denimbroek en ‘n oranje-en-groenblou serp aangehad.

Na die oproep het die bestuurder omgedraai en teruggery na die plek waar hy Marinda afgelaai het, maar sy het spoorloos verdwyn.

“Marinda, haar klein hondjie en haar rugsak is net weg,” het ‘n emosionele Hannes in trane tydens ‘n telefoniese onderhoud gesê.

Hannes vermoed dat sy vrou ontvoer is en is dringend op soek na enige inligting wat kan help om haar terug huis toe te bring.

‘n Saak van ‘n vermiste persoon is by die Krugersdorp Polisie aanhangig gemaak.

Enige iemand wat Marinda Labuschagne gesien het of meer inligting het rakende haar verdwyning word versoek om haar man by 060 829 0898 te skakel.

Verwante artikel:

 • Missing 76 year-old found next to fence

• Another Krugersdorp girl missing

• Police: reports of missing children increasing

Check Also
Close
Back to top button