Local newsNewsSchools

Sang-kompetisie op die naat van die werklikheidsreeks

Hoërskool Monument is opgewonde om later vanjaar hulle eerste Monnas Idols Kompetisie aan te bied.

Tien finaliste gaan later vanjaar in ‘n sang-stryd onder die sterre gewikkel wees – ‘n eerste vir Hoërskool Monument.

Onder leiding van Esté Pienaar gaan die skool hulle eerste Monnas Idols Kompetisie op 26 Augustus aanbied.

Die keuringsproses gaan amper op dieselfde proses as dié van die TV-werklikheidsreeks waarop die kompetisie gebasseer word, plaasvind.

Eben Vermaas, skakelbeampte het gesê leerlinge gaan eers aan ‘n oudisie moet deelneem voordat daar uiteindelik tien finaliste gekies gaan word.

“Wat Monnas se Idols kompetisie uniek maak en van ander skole se soortgelyke kompetisies onderskei is die feit dat Monnas se finaal by ‘n Inkopiesentrum gaan plaasvind.”

Hy het gesê hier gaan die inkopiegangers van Key West Winkelsentrum asook die gemeenskap die geleentheid kry om ook hulle stem by te voeg.

“Die uitslae gaan dus nie net by die ouers en leerlinge van die skool bepaal word nie. Die gehoor gaan aan die einde van die aand kans kry om vir hulle gunsteling te kies deur ‘n unieke kaartjie in ‘n deelnemer se betrokke boks te gooi wat dan by dié van die beoordelaars se stem gevoeg gaan word.”

Die skool hoop om ‘n vol gehoor van 1 000 mense teenwoordig te hê.

Eben het gesê ‘n geleentheid soos hierdie sal nie moontlik wees sonder die hulp van borge nie.

Action Ford Krugersdorp het met hulle ruim bydrae verseker dat hierdie geleentheid met vrymoedigheid aangepak kan word. Benewens die finansiële ondersteuning is daar ook ‘n Ford Fiesta aan die skool beskikbaar gemaak wat die skool tot einde Augustus kan gebruik,” het hy gesê.

Elma Snyman, aanbieder van Ontbytsake en ‘n ambassadeur vir Action Ford het ook haar steun vir die geleentheid gegee.

“Namens Monnas wil ons, ons opregte waardering uitspreek vir die wyse waarop die skool deur Action Ford Krugersdorp ondersteun word en is oortuig dat die betrokke geleentheid ook by die groter gemeenskap van Krugersdorp aanklank sal vind!” het Eben afgesluit.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 435 3799.

Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Roodepoort Record en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Back to top button