LettersOpinion

Dankie aan top omgee-onderwysers

Roger en Maritsa Murray van Krugersdorp skryf:

Ek wil graag vir HTS Nic Diederichs se meneer Büner en personeel bedank vir die puik onderwysers en skool wat hulle is.

My seun het in ‘n rugbywedstryd baie seergekry en moes per ambulans hospital toe geneem word.

Omdat die wedstryd in Germiston was kon ons nie dit weens werksverpligtinge nie bywoon nie. Ons het deurgery na die hospitaal toe nadat ons in kennis gestel is van wat gebeur het.

Al die afrigters het my kind bygestaan en so mooi ondersteun. Boonop is ons as ouers te alle tye op hoogte gehou van die vordering van ons kind.

Verskillende onderwysers, ouers en kinders het ons gebel om te hoor of Marco veilig is en of daar iets is waarmee hulle kon help.

Die Tekkie-gemeenskap gee werklik om.

Meneer Büner en jou puik personeel … julle is tops!

Julle almal is gebore onderwysers en ons is baie dankbaar vir dit wat julle vir ons kind gedoen het. >

Back to top button