Local newsNews

Brand? Nee dit is Kersvader!

54 kinders het vir Kersvader by die Deo Gloria-sopkombuis gewag om sy verskyning in 'n rooi brandweerwa te maak.

Dit het soos ‘n engelkoor geklink toe 54 kinderstemme van die Deo Gloria-sopkombuis Kersliedere sing in afwagting vir Kersvader in ‘n rooi brandweerwa.

Christa le Roux, stigter van die sopkombuis sê hulle sorg daagliks vir 150 kinders van die Burgershoop, Munsieville en Appelpark-omgewing, maar hierdie jaar kon nie almal by die Kersfunksie wees nie.

Corné van Biljon se ogies blink toe sy haar naam hoor om 'n geskenk by Kersvader te gaan kry.
Corné van Biljon se ogies blink toe sy haar naam hoor om ‘n geskenk by Kersvader te gaan kry.

Vir die kinders wat wel daar was, was daar ‘n springkasteel, lekkernye soos spookasem en ander aktiwiteite wat hulle besig gehou het.

Met die aankoms van Kersvader (Jacques Volschenk) en sy twee elfies (Elize Taute en James Sutherland), wat met sirenes aangekondig is en deur die Christelike Motorfietsryersvereniging (CMA) agtervolg is, kon die kinders nie meer hul opgewondenheid inhou om hulle Kersgeskenke te ontvang nie.

Jean-Louie van Biljon loer skamerig vir die kamera terwyl hy vir Kersvader wag om sy naam uit te roep.
Jean-Louie van Biljon loer skamerig vir die kamera terwyl hy vir Kersvader wag om sy naam uit te roep.

Nadat elke kind ‘n geskenk ontvang het, is hulle met KFC-wegneemetes bederf.

“Vir die kinders is dit ‘n treat, want dit is kos wat hulle nie elke dag kry nie,” het Le Roux gesê.

Sy het gesê dit is vir haar heerlik om kinders gelukkig te sien.

“Dit maak my hart ongelooflik bly. Ek moet omtrent die trane keer oor hoe spesiaal hulle gedurende die dag voel.”

Le Roux bedank graag almal wat gehelp het om van die dag ‘n sukses te maak.

Kersvader (Jacques Volschenk) en sy twee elfies (James Sutherland en Elize Taute).
Kersvader (Jacques Volschenk) en sy twee elfies (James Sutherland en Elize Taute).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button