LettersOpinion

Carel en Quentin, julle is sterre

Adele Steenberg van West Village skryf:

Ek skryf vandag die brief met ‘n dankbare hart, en wil besighede daar buite aanmoedig en uitdaag om ook dieselfde projek aan te pak.

Om werk te skep is seker een van die grootste uitdagings wat daar is.

My finansies het ‘n draai gevat want Carel Klopper en Quentin Hale is manne met planne.

Carel het gesien hy gaan iemand nodig kry om sy CIPC te help uitsorteer. Dis wanneer jy jou besigheid wil registreer. Hy het my gebel en gevra ek moet hom dringend kom sien.

Hulle het my aangestel en gehelp om myself in so ‘n posisie te kry dat ek die CIPC-departement heeltemal op my eie behartig. Mens kan maar sê, dis ‘n besigheid binne in ‘n besigheid.

Ek doen al die kliënte se CIPC werk wat betaal moet word. Ek het ‘n paar kliënte wat boekhouers is. Ek lewer aan hulle ook dieselfde dienste. Ons het ook ‘n webwerf begin met die CIPC/ CIPRO deel van die webwerf.

Ek wil net baie, baie dankie sê vir Carel en Quentin. Dis nou amper al ‘n jaar, en my besigheid het regtig gegroei en ek glo hy sal so groot groei dat ek ook mensies in diens kan neem en oplei.

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button