Local newsNews

Beroof na ernstige ongeluk

'n Motorfietsryer is in 'n kritieke toestand in 'n Johannesburgse hospitaal.

Oomblikke nadat ‘n motorfietsryer in ‘n ernstige ongeluk betrokke was, is hy boonop beroof.

Chris Botha, Netcare 911-woordvoerder sê die motorfietsryer is in ‘n kritieke toestand in ‘n Johannesburgse hospitaal nadat hy Vrydag 5 September op die hoek van Onderste- en Derdestraat in ‘n ongeluk betrokke was.

“Inligting dui daarop dat hy van sy motorfiets afgeslinger is en teen ‘n betonpilaar geland het. Hy is toe na ‘n bos daar naby gesleep en beroof.”

Botha sê paramedici het die erg beseerde man op die toneel gestabiliseer waarna hy per ambulans na die hospitaal vervoer is.

In ‘n ander voorval is ‘n 30-jarige man Saterdag 6 September dood nadat hy deur ‘n voertuig in Adcockweg in Chamdor raakgery is.

Botha sê paramedici het die man met ernstige beserings langs die pad gekry nadat hy sowat 100 meter ver gesleep is.

Die polisie sal ondersoek instel na die presiese oorsaak van die ongeluk.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button