Local newsNews

GPF skenk radio aan La Reynette Sentrum

Die La Reynette is dankbaar vir die Sektor 3 Gemeenskapspolisiëringsforum wat hulle sonder vergoeding veilig laat voel.

“Ons werk as die Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) is om misdaad in ons omgewing te bekamp.”

Só verduidelik Martin Oosthuizen, ‘n lid van Sektor 3 se GPF toe ‘n tweerigtingradio aan die La Reynette Sentrum in Rant-en-Dal oorhandig is.

Reinetta Ridley van die sentrum het verbete baklei om die forum te vergoed vir hulle diensbaarheid, maar Martin was nie bereid om toe te gee nie en het verduidelik dat alle ouetehuise ‘n diens sonder enige betaling van die GPF ontvang.

Die sentrum wil graag die GPF bedank vir hulle harde werk om hulle omgewing ‘n veiliger plek te maak en hoop dat alle ander tehuise ook van die diens gebruik sal maak.

Back to top button