Local newsNews

VIDEO: Pa van vier sterf op R28

'n Geartikuleerde vragmotor het 'n U-draai by die kruising voor West Village op die R28 gemaak toe die gesinsmotor daarmee bots.

‘n Pa van vier seuns is gisteraand 30 Januarie in ‘n ongeluk op die R28 dood toe sy voertuig met ‘n geartikuleerde goederevragmotor onderweg na Randfontein gebots het.

Die ongeluk het omstreeks 9nm voor West Village plaasgevind nadat dié vragmotor na bewering ‘n U-draai in die pad gemaak het.

Nooddienspersoneel was op die toneel om bystand aan die beseerdes te verleen.
Nooddienspersoneel was op die toneel om bystand aan die beseerdes te verleen.

Werner Vermaak, ‘n woordvoerder vir ER24 sê paramedici is na die toneel ontbied waar hulle noodbehandeling op die man se vrou en hulle seuns tussen die ouderdom van 4 en 12 jaar toegepas het.

Al vyf is in ‘n kritieke toestand deur Netcare 911 en ER24 Ambulansdienste na verskeie hospitale geneem.

Die oorledene se vrou en twee van haar kinders is per ambulans na Leratong Hospitaal vervoer terwyl die ander twee na ander hospitale geneem is.

“Die jongste seun is per helikopter na die Netcare Garden City Kliniek in Johannesburg vervoer en nog ‘n seun is per ambulans na die Milpark Hospitaal geneem.”

Die Sektor 5 Gemeenskapspolisiëringsforum het voertuie om die ongeluk herlei.

Omstanders op die toneel het gesê dat die kruising voor West Village ‘n gevaar vir motoriste geword het.

‘n Soortgelyke ongeluk het op 5 Julie verlede jaar voor West Village plaasgevind waartydens ‘n man gesterf het. Vyf mense is beseer waarvan twee ernstig was.

Die NUUS het konstabel Tshepisho Mashale vir kommentaar genader.

Pa van vier sterf op R28

https://www.youtube.com/watch?v=KneowXTpRmk&feature=youtu.be

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button