Local newsNews

Sektor 4 wil nooddienste help

Om die nooddienste met hulle reaksietyd te help het die GPF weer 'n radio geskenk.

Om die nooddienste met hulle reaksietyd te help, het die Sektor 4 Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) weer ‘n tweerigtingradio geskenk, dié keer aan ER24.

Dit volg op hulle skenking aan Netcare 911 ‘n paar maande gelede.

Gert Jonker, voorsitter van Sektor 4 sê die GPF moet beskikbaar wees om hulp te verleen en het daarom besluit dat dit die perfekte manier sal wees om die nooddienste op hulle radionetwerk in te sluit.

“Om die radio’s aan die nooddienste te skenk is ons manier om te wys dat ons hulle graag met hulle reaksietyd wil help en in kennis stel van gebeure in ons omgewing wat dringend mediese aandag vereis.”

Gareth Staley, takbestuurder van ER24 Johannesburg het op sy beurt gesê dat hulle trots is om deel te wees van die inisiatief omdat hy kan sien dat dit ‘n gemeenskap is wat omgee.

“Die radio sal in my kantoor gehou word totdat ons ‘n permanente ambulans in Krugersdorp het. Op die oomblik het ons vyf ambulanse wat die Wes-Rand dek.”

Back to top button