Sport

Tweede plek vir skut Kyle by SA’s

Kyle Wolter van Oatlands en lid van die Archery Hearts-boogskietklub se droom is om een van die top skuts ter wêreld te wees.

Kyle Wolter, ‘n lid van die Archery Hearts-boogskietklub het onlangs ‘n tweede plek behaal tydens die Nasionale Boogskiet Kampioenskappe. Hy het in die o21-afdeling en 720-formaat deelgeneem.

Hy het verduidelik dat die 720-formaat dieselfde is soos wat dit by die Olimpiese Spele bekend is. Hy het op sy eerste dag 677 uit die 720 geskiet wat gemaak het dat hy deurdring na die volgende rondte. Op die tweede dag het hy geveg vir eerste en tweede plek, maar hy moes uiteindelik met die tweede plek tevrede wees.

Lees ook: Bullseye for Archery Hearts Club

“Mens wil graag eerste wees maar ek kan daaruit leer,” het Kyle gesê.

Die 18-jarige doen nou al boogskiet vandat hy in graad agt is en vertel hy het begin om dit te doen as ‘n ander vorm van jag. Maar toe in die Covid-19 inperking het hy die sport meer ernstig begin opneem omdat dit een van die min sportsoorte was wat op daardie stadium toegelaat is.

Lees ook: Archery club to move after vandalism

Kyle probeer om drie keer ‘n week te oefen en wil graag kyk om tussen 1 en 9 Julie aan die Wêreld Kampioenskappe in Ierland te gaan deelneem. Hy glo hierdie gaan vir hom die nodige blootstelling gee en is iets waarna hy geweldig uitsien.

Sy droom is om een van die top skuts ter wêreld te wees en het hy gesê dat as mense dink aan boogskiet wil hy hê hulle moet aan hom dink. Hy het vertel dat hy glo om ‘n goeie skut te wees het jy dissipline nodig om dieselfde ding oor en oor te doen en nogsteeds kop te hou.

Kyle het vertel dat hy ‘n 720-wedstryd geniet want mens kan internasionale blootstelling kry aangesien dit erken word by die Olimpiese Spele. Hy skiet ook graag saam met sy pa maar geniet nie juis binnehuise-toernooie nie.

You can read the full story on our App. Download it here.
Check Also
Close
Back to top button