Primary SchoolSchool sport

Noordskool spog met hul SA-atlete

Laerskool Krugersdorp-Noord is trots op twee leerders wat onlangs aan SA's deelgeneem het.

Twee Noordskool-atlete het onlangs aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe deelgeneem en die dorp trots gemaak.

Lees ook: Kennies domineer Harties-skool

Die 12-jarige Anja Coetzee het 10de gekom in hoogspring en vertel dat dit haar eerste keer by die SA’s was.

 

 

“Ek het dit baie geniet,” het sy gesê.

Haar beste sprong vanjaar was 1,40m en het besluit om nou reeds te begin oefen vir volgende jaar. Sy kry afrigting by die skool en wil ook binnekort by Hoërskool Noordheuwel begin afrigting kry.

Lees ook: Flying Avianto’s athletic flag high

Die 13-jarige Taya Pelser het 9de geëindig in die 1 500m. Haar beste tyd in die item is 4 minute en 45 sekondes.

Hoewel dit nie haar eerste keer by SA’s is nie, het sy dit baie geniet. Sy het vertel dat dit wel anders was as in 2022 omdat sy verlede jaar ‘n medalje gekry het. Sy gaan volgende jaar na Hoërskool Noordheuwel waar sy ook graag aan die 1 500m wil deelneem. Sy oefen reeds saam met Frans Oosthuizen by Noordheuwel.

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button