Primary SchoolSchool sport
Kennies-atlete maak die dorp en distrik trots
Vyf Kennies-atlete het met medaljes teruggekeer vanaf die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe.
Laerskool Kenmare se ster-atlete het die dorp, distrik asook provinsie se naam hoog gehou tydens die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe wat van 19 tot 21 Maart plaasgevind het.
Lees ook: Mullies atlete pluk die vrugte
Alhoewel ses atlete deelgeneem het, het vyf atlete met sewe medaljes weggestap. Dit sluit in vyf silwer- en twee bronsmedaljes.
Lees ook: Grey bo in Kennies se agterplaas
Henre de Bruin het twee silwermedaljes ingepalm in die 200m- en 80m-hekkies vir o13’s; Jaydon Fairlie twee silwer in die 100m en 200m vir o13’s; Ruben van Wijk ‘n bronsmedalje in die 70m-hekkies vir o11’s; Divan Coetzee ‘n silwermedalje in spiesgooi vir o12’s en Liana Bezuidenhout ‘n bronsmedalje in verspring vir o12’s.
You can read the full story on our App. Download it here.