EntertainmentSchools

In die Wolke met Nories

Ongeveer 12 000 mense het die afgelope Saterdag Nories se Afrikaans in die Wolke-fees bygewoon.

Duisende mense was in die sewende hemel tydens Hoërskool Noordheuwel se Afrikaans in die Wolke-fees op Saterdag, 17 September.

Volgens skoolwoordvoerder Sonet Guy het ongeveer 12 000 mense die fees bygewoon wat as die suksesvolste tot nog toe beskou word. Dit was iets wonderlik om te beleef, veral nadat die pandemie soveel hartseer gebring het. Die fees is weens die pandemie laas in 2019 aangebied.

‘n Foto wat die hoofveld toon.
‘n Foto wat die hoofveld toon.
Die pretpark.

“Die fees het al ons verwagtinge oortref en mense was uitgehonger om sosiaal te verkeer. Ons is so dankbaar teenoor die Krugersdorp-gemeenskap en selfs die buurskole se ouers en kinders wat ons ondersteun het. Dit was voorwaar ‘n fees vir oud en jonk – ouma en oupa ook – en ons sou dit nie sonder die publiek kon doen nie.”

Dewald van Tonder, Yolandi Meyer, Sheldon Paro en Alicia Meyer.
Cara Kotze, Andre Jonker, Anne-Marie Cilliers en Annika Kotze.

Die lys van kunstenaars wat die dag opgetree het was lank en indrukwekkend. Die sogenaamde moeder van Afrikaanse musiek, Juanita du Plessis, het die fees afgeskop met ‘n paar van haar grootste treffers. Appel het daarna omtrent die harte warm laat klop met sy vertoning wat Nonna en Boer is ‘n Bok ingesluit het.

Irene-Louise van Wyk het behoorlik die tekkies van die feesgangers laat brand, met die rustige Elvis Blue wat weer effense kalmte gebring het. Daar is toe na ‘n ander rat oorgeskakel toe kletsrymer Early B sy verskyning gemaak het, gevolg deur die uitstekende Demi Lee Moore. Die voorlaaste vertoning is deur nog ‘n gewilde Afrikaanse kletsrymer Snotkop gelewer wat die jongklomp op en af laat spring het, terwyl Bok van Blerk die fees met sy alombekende Ons vir jou Suid-Afrika afgesluit het.

Juanita du Plessis.
Feesgangers het elke optrede terdeë geniet. Foto: Nicola Jansen van Vuuren.
Feesgangers het elke optrede terdeë geniet. Foto: Nicola Jansen van Vuuren.
Irene-Louise Van Wyk.
Feesgangers het elke optrede terdeë geniet. Foto: Nicola Jansen van Vuuren.
Appel.
Feesgangers het elke optrede terdeë geniet. Foto: Nicola Jansen van Vuuren.
Early B. Foto: Nicola Jansen van Vuuren.
Feesgangers het elke optrede terdeë geniet. Foto: Nicola Jansen van Vuuren.
Demi Lee Moore op die verhoog. Foto: Nicola Jansen van Vuuren.

Die musiek was so lekker dat party sommer op die plek begin sokkie het. Cyrus van der Heever was so meegevoer dat hy op die verhoog voor die groot skare vir Danel Pogenpoel gevra het om te trou.

Jackie en Claire-Anne Coetzee sokkie.
Daar was tot gesokkie.
Cyrus van der Heever het voor die massa skare vir Danel Pogenpoel gevra om te trou.
Cyrus van der Heever het voor die massa skare vir Danel Pogenpoel gevra om te trou.

As die musiek nie in jou smaak geval het nie was daar ‘n biertent om jou dors te les, stalletjies wat smullekker kos en ander items verkoop het, en natuurlik die groot pretpark met allerhande soorte vermaak.

Guy het vertel dat daar met so ‘n groot aantal besoekers beslis ook uitdagings was.

Die lang rye is iets waaraan ons sal werk. Ons moes soms water uitdeel om mense te probeer gemaklik hou maar ons sal volgende keer verseker dat daar meer kos- en koeldrankstalletjies is.

Shantay Otto, Nikita Reyneke en Lieschen de Lange.
Ian en Chantel Muller.

“Ons het ‘n ruk terug besluit om in plaas van ‘n klomp klein fondsinsamelings iets groot te doen en dis hoe die fees ontstaan het. Dis nie net vir Nories nie maar ook die gemeenskap. Ons het beslis ‘n wins gemaak waaroor ons baie dankbaar is, maar met so ‘n groot fees is daar baie uitgawes, onder andere die verhoog, struktuur, die toilette, tente en topkunstenaars.”

In dieselfde asem het Guy gesê dat die skool graag wil teruggee aan die gemeenskap.

“Ons sal binnekort bekendmaak aan watter organisasie ons ‘n gedeelte gaan gee.

Ons beplan ‘n nog groter fees in 2023.”

Ane van der Westhuizen en Chanel Wilken heel voor.

Anrie en Tenielle Lynch.

Cara Kotze, Andre Jonker, Anne-Marie Cilliers en Annika Kotze.
Joy, Deone, Lalique, Leandri, Chedene en Johan Wehneyer met Kyle Dirker heel agter regs.
Baeylan Greyling en Quinton Kemp.

 

Lisa van Rooyen en Sarah-Leigh Knighton.

Foto: Nicola Jansen van Vuuren.
Kiara Mackenzie, Janie Delport en Chante Wessels.
Kyle Vorster, Adam Tavares en Michael Wood.
Andre en Keanu Nel.
Armand Pretorius, Anome Meyer en Schalk Greef.

 

Alta en Dawid Kriel, Noordheuwel se hoof het ook die fees geniet.

Johann Human, Neville Delport en Brendon Grove agter met Kelsey Kotze en Carle Geldenhuys voor.
Zurica Brider, Anri Venter, Kim Potgieter. Foto: Nicola Jansen van Vuuren.
Christo, Anru, Charlene en Sanel van Wyk. Foto: Nicola Jansen van Vuuren.
Marjean Potgieter, Ichte van Kooij en Ratchell Fitzpatrick. Foto: Nicola Jansen van Vuuren.
Thean, Agnetha, Adanje en Kara Olivier. Foto: Nicola Jansen van Vuuren.

Check Also
Close
Back to top button