Local newsNews

Wes-Rand se Janine ‘n Mev SA-semifinalis

Deur deel te neem aan Mev Suid-Afrika 2022 wil Janine ander inspireer om dieselfde te doen.

Janine Ferreira, Hoof Uitvoerende Beampte en stigter van Randfontein en Krugersdorp Pageants is onlangs gekies as semifinalis in die Mev Suid-Afrika 2022-kompetisie.

Janine, 33, van Randfontein het vertel dat sy werklik geseënd en nederig voel om ‘n semifinalis te wees, hoewel dit nog nie ingesink het nie.

Om Mev Suid-Afrika 2022 te wen beteken dat ek ‘n platform sal hê om mense werklik te inspireer, en ek sal lewens kan verander. Ek weet ek kan nou reeds lewens verander, maar om die eer te hê om te wen, sal my toelaat om meer mense te bereik.”.

Deur deel te neem aan Mev Suid-Afrika 2022 wil Janine ander inspireer om dieselfde te doen, al is dit net ‘n klein skoolkompetisie.

“Ek wil meisies aanmoedig om die risiko te neem en in te skryf. As ek vir Mev Suid-Afrika kan inskryf, dan kan meisies sekerlik vir hul plaaslike skoonheidskompetisie inskryf.”

Sy het vertel dat die semifinalis-beoordeling aan die einde van Junie sal plaasvind en die kroning op 11 November.

Lees die volledige onderhoud met Janine in volgende week se uitgawe van die News (25 Maart).

Randfontein se Janine Ferreira is tans ‘n semifinalis vir Mev Suid-Afrika 2022. Foto verskaf.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.
Back to top button