Local sportSchool sportSport

Impala-gimnaste bokspring van vreugde

Die klub sluit af met meer as 60 medaljes wat die gimnaste deur die jaar ingepalm het.

Die Impala Trampolienklub het onlangs nasionale standaarde bereik toe hulle tydens die Suid-Afrikaanse Gimnastiekspele uitstekende prestasies behaal het.

Die gimnaste het einde September teen die room van Suid-Afrika se gimnaste in die sportsaal van die Wynberg Militêre Basis en die Wes-Kaapse Sportsentrum aan die kompetisie deelgeneem.

Die span het een goue-, drie silwer- en vyf bronsmedaljes ingepalm. Die spele is die belangrikste byeenkoms op die gimnastiekkalender.

Die Impala Gimnastiekklub het reg deur die jaar meer as 60 medaljes tydens kompetisies verower en boonop die jaar afgesluit met 'n puik Suid-Afrikaanse gimnastiekprestasie.  Foto: Ingestuur.
Die Impala Gimnastiekklub het reg deur die jaar meer as 60 medaljes tydens kompetisies verower en boonop die jaar afgesluit met ‘n puik Suid-Afrikaanse gimnastiekprestasie.
Foto: Ingestuur.

Trampoliengimnaste het in die lug getuimel, gespin en baljaar om met hul aërodinamiese talente te spog. Tydens die openingseremonie het gimnaste soos Lucky Radebe en Bianca Zoonekyng hul wêreldklas trampolienvaardighede ten toon gestel.

Impala Trampolienklub spog nie net met ongelooflike vertonings tydens die SA-spele nie, maar kyk ook terug op ‘n jaar vol opwindende prestasies, soos dié wat die klublede tydens die Sentraal-Gauteng Gimnastiekkompetisie in Julie in Benoni behaal het.

Die klub het 38 gimnaste ingeskryf en hulle het 33 medaljes huis toe gebring. Hulle het ook Sentraal-Gauteng-spankleure ontvang.

‘n Maand later het die gimnaste teen spanne van regoor Gauteng deelgeneem en 32 medaljes verower.

In September het die span aan die Noord-Sone (mini Suid-Afrikaanse) trampolienkompetisie deelgeneem. Dié keer het hulle met gimnaste van Mpumalanga, Limpopo, Vrystaat, Vaal en Noordwes meegeding en 30 medaljes huis toe gebring.

Die gimnaste is tussen ses en 17 jaar oud en neem onderskeidelik in die Mini-trampolien-, Black Top- en Dubbelmini-kategorieë deel.

Die afrigters spog gereeld met die span.

“Ons is bitter trots op die gimnaste en glo hulle sal nog ver kom met hul talente,” het Marilize Kloppers, een van die span se afrigters gesê.

Lees ook: 

Riccardo soars in Namibia

Gymnasts excel in competitions

Bending the limits

Gymnasts take part in nationals

Check Also
Close
Back to top button