Local sportSchool sportSport

Twee van Impala presteer op die minitrampolien

Die klub spog met twee gimnaste wat in die top 10 is.

Die Impala Gimnastiek- en Trampolienklub het die jaar ‘n baie groot eer te beurt geval toe Heinrich Greyling en Tianette Wessels die top 10 by die SA Kampioenskappe bereik het.

Elke jaar na die kampioenskappe word ‘n lys saamgestel van die beste 10 dogters and 10 seuns tussen die ouderdom van nege en 14.

Die seuns en dogters neem die volgende jaar dan deel aan die top 10-kampioenskap waartydens die beste seun en dogter in Suid-Afrika bepaal word.

Heinrich is as top 10-seun aangewys en Tianette as nommer 2-meisie. Hulle het ook verlede jaar aan ‘n internasionale kompetisie deelgeneem waar Heinrich vierde plek gekry het en Tianette derde plek.

Nog Impala nuus:

Impala gimnaste se medalje oes

Impala gimnaste ryg toekennings in

Impala stuur 19 gimnaste SA’s toe

Back to top button