Local newsNewsSchools

Vrae aan ‘n geliefde onnie

Die News het 'n gesoute onderwyseres benader oor wat 'n juffrou maak.

Wou jy nog altyd ‘n onderwyser word?

Caty Theunissen (63) is die gronslagfase departementshoof by Laerskool Ebenhaeser en gee al meer as 30 jaar skool vir Graad eentjies. Sy is al 25 jaar ‘n onderwyseres by díe laerskool en gaan binnekort aftree. Die News het by haar uitgevind waarom die onderwys haar so lank vasgehou het en of sy regtig net van half agt tot twee uur toe werk.

Watter vermoë moet iemand oor besksik om ‘n onderwyser te kan word?

Jy moet toegewyd en geduldig wees en vinnig oplossings kan kry vir probleme. Dit is nie sommer vir enigiemand nie.

Hoe het die onderwys oor die laaste 30 jaar verander?

Die merkwerk het merkwaardig meer geword. Jy moet hordes toetse merk, al is jy ‘n Graad 1 onderwyser. Dissipline kan ook nie meer op die ou manier toegepas word nie en die kinders weet dit.

Het jy hoop vir die toekoms van ons land se leiers?

As ek in my klas kyk is daar beslis díe wat die potensieel het om goeie leiers te maak eendag. Ek het beslis hoop vir Suid-Afrika en verkies om nooit op die negatiewe te fokus nie.

Hoekom het jy besluit om ‘n Graad 1 juffrou te word?

Ek sien die meeste vordering by klein kinders. Jy kan help om kinders te ontwikkel en moet kreatiewe oplossings hê om die kleintjies te help om basiese vaardighede te leer.

Moet jy ‘n passie daarvoor hê as jy ‘n onderwyser wil wees?

O ja! Ek dink jy kan dit nie sonder passie doen nie. Jy moet ‘n begeerte hê om kinders te wil opvoed.

Wat is die grootste struikelblokke van jou werk?

Groot klasse. Kinders ontwrig maklik ‘n groot klas. Daar kan net drie of vier kinders in ‘n klas wees wat geluide maak en nie wil stil sit nie dan krap dit die hele klas om.

Is daar ‘n nood vir onderwysers?

Beslis. Ons sukkel om onderwysers te kry wat kan aflos. Daar is beslis steeds ‘n groot aanvraag na onderwysers.

Wat maak jou werk die moeite werd?

‘n Drukkie van die kleintjies af elke nou en dan en wanneer jy ‘n kind help om iets reg te kry waar daar aan die begin min hoop was. Dit is regtig vervullende werk.

Werk jy regtig net van 6.30vm tot 2nm?

Beslis nie. Die ure wissel, maar somtyds is jy betrokke by naskoolse sport of kultuur aktiwiteite. Wanneer jy by die huis kom moet jy soms nog merk of voorberei vir die volgende dag.

Watter advies gee jy aan aspirante onderwysers?

Jy moet regtig dit wíl doen en jy moet alles in sit om suksesvol te wees. Jy moet veral ‘n positiewe gesindheid hê.

Lees ook:

• Laerskool Ebenhaeser se haasbekkies

• As koerantgogga nie gebyt het was sy onderwyseres

• Geliefde onderwyser sterf

Back to top button