Editor's choiceLocal newsNewsSchools

Matrieks gaande oor resultate

Daar is met verlede jaar se eindeksamen honderde onderskeidings deur Krugersdorp se matrieks losgeslaan.

Eers is dit die voel-soos-‘n-eeu vyf minute lange wag in die ry. Dan het jy hom, die belangrikste stuk A4 papier wat jy al in jou hande gehou het – jou matrieksertifikaat.

Matrieks regoor Krugersdorp (en die land) het vandag, 6 Januarie, hulle individuele matriekuitslae gekry. Die klas van 2015 het in angs daardie koevert oopgemaak om seker te maak of hulle slaag en of hulle onderskeidings het.

Monique Ernst in ekstase oor haar uitslae.
Monique Ernst in ekstase oor haar uitslae.

Monique Ernst van Hoërskool Monument het gejuig toe sy haar onderskeiding sien.

“Ek het dit nie verwag nie. Ek is so bly ek het geslaag,” vertel sy.

Monnas het weer ‘n 100 persent slaagsyfer behaal met byna 300 matriekulante wat ‘n gemiddeld van 66 persent behaal het. Daar is ‘n hewige totaal van 380 onderskeiding deur die matriekulante in die skool behaal.

Stacey Farrell het, weens ‘n ongeluk wat haar gestremd gelaat het, nie in 2013 eindeksamen geskryf nie, maar wel in Maart 2014 haar matriek gemaak. Haar suster, Charné Farrell, het verlede jaar met twee onderskeiding matrikuleer.

Charné, Stacey and Tregear Farrell is trots op hulle suster (links) se twee onderskeidings.
Charné, Stacey and Tregear Farrell is trots op hulle suster (links) se twee onderskeidings.

Baie ouers, vriende en ander familielede kon hulle trots vanoggend nie wegsteek nie.

Hoër Tegniese Skool Nic Diederichs het ook met ‘n 100 persent slaagsyfer gespog. Negentig persent van die leerders het ‘n diploma- en graadvrystelling gekry.

Anton Strauss, die skoolhoof, het verduidelik dat die vakke vanjaar meer tegniese oriëntasie gaan ondergaan en daar gaan meer fokus op ingenieurswese en tegniese opleiding wees.

Krugersdorp High School is ook trots op hulle 99 persent slaagsyfer en die 69 persent universiteitsvrystelling persentasie. Hoërskool Noordheuwel het ook ‘n 100 persent slaagsyfer behaal met 84 persent van die leerders wat universiteitsvrystelling gekry het. Werner Tolmay en Christi Geldenhuys het ‘n reuse 10 onderskeidings elk behaal.

Werner Tolmay en Christi Geldenhuys het elkeen 10 onderskeidings gekry.
Werner Tolmay en Christi Geldenhuys het elkeen 10 onderskeidings gekry.

Hierdie leerders vorm deel van die 70,7 persent van matriekulante wat landswyd matriekuleer het. Die slaagsyfer het, volgens die Departement van Basiese Onderrig minister Angie Motshekga, gedaal met 5,1 persent vanaf laasjaar se 75,8 persent.

Tebogo Lehari is baie bly oor sy twee ondeskeidings, een selfs vir Wiskunde.
Tebogo Lehari is baie bly oor sy twee ondeskeidings, een selfs vir Wiskunde.

Vir nog foto’s, kliek hier.

Lees verder:

• Start now to improve matric results

• Matric dreams come true

• Coping with the matric results

Back to top button