FeaturesLifestyleLocal newsNews

Skud die winter van jou tuin af – lente is hier

Die tyd vir voëltjies wat sing en reën is hier.

IMG_590_635298588
Lulu Snyman se oranje en geel madeliefies bring kleur na die tuin toe.

Die winter is verby en die lente is hier.

Nou is tyd vir voëltjies om te fluit en bome om bloeisels te kry.

 

Die News het gaan kyk hoe Krugersdorpers se tuine al lyk voor lentedag. Lulu Snyman van Krugersdorp-Noord se geel bloeisels en lowergroen gras lok nou baie voëls na haar en haar man Louis se tuin toe.

IMG_592_585039806
Lulu Snyman hou die tuin gereeld nat deur die winter.

“Ons hou die tuin behoorlik nat regdeur die winter sodat ons al vroeg die ryke kleure van lente kan geniet.”

René Mulder, ook van Krugersdorp-Noord, se tuin bevat hoofsaaklik groen- en vetplante, maar sy het gesê sy moes steeds ’n bietjie natspuit deur die winter. Sy wil meer kleur in haar tuin hê hierdie lente.

IMG_594_633959458
René Mulder in haar pragtige groen tuin.

“Ons hou ook van die voëls wat in die tuin kom eet. Ons bring die park huis toe aangesien dit te gevaarlik is om die natuur by publieke parke te gaan geniet,” het René gesê.

Wat gaan jy met jou tuin doen dié lente?

Verwante artikels:

How to create your own food or herb garden

Nature’s bounty at Spring Festival

Bring the natural beauty of stone and wood into your home

 

 

Back to top button