Editor's choiceLocal newsNews

Tjokkertjies word lekker bederf

Tjokkertjies baljaar tydens 'n bederfdag by Lappies en Lalie Kleuterskool.

Die Tjokkertjies vir Jesus-kinders by Lappies en Lalie Kleuterskool is uit hul sokkies bederf met ‘n spesiale pretdag.

Agente van NPPM Properties het ‘n pretdag vir die kinders en hul ouers op Mandela-dag gereël waar hulle 67 minute aan die gemeenskap gegee het deur die dag saam met hierdie groepie te spandeer.

‘n Springkasteel het gesorg dat die opgewonde kinders van hulle energie ontslae raak terwyl pakkies lekkergoed vir hulle uitgedeel is.

Die geur van heerlike gebraaide boerewors het die kinders en ouers hul lippe laat aflek. Middagete is met heerlike roomys afgerond.

Die kindertjies het ‘n spesiale besoek deur Mogale City se Brandweerdienste ontvang en ‘n vriendelik hanswors wat ook tonne vermaak verskaf het, het elke gesiggie in vrolike kleure geverf.

Motorfietsryers met goue harte vir liefdadigheid het by die geleentheid kom aansluit en die kindertjies op ‘n pretrit op hul ysterperde geneem.

Sowat 40 kindertjies tussen die ouderdom van 0 tot 6 jaar het die dag van bederf terdeë geniet, maar die bederf het nie daar opgehou nie.

Elke mamma en pappa het ‘n kospakkie, wat deur die goedhartige agente geskenk is, huis toe geneem. Die pakkies was vol nie-bederfbare kos en ander benodighede.

Die agente het ook kospakkies aan Lappies en Lalie geskenk wat sal sorg dat die kinders se magies daagliks vol sal wees.

“Kom ons brand ‘n kers vir die kinders van die gemeenskap, want waar daar eenheid is, is oorwinning. Baie dankie aan al die borge vir julle skenkings. Julle is die helde wat die wêreld ‘n beter plek maak,” het ‘n dankbare Helen du Plessis gesê.

Kliek hier vir nog foto’s.

Soortegelyke artikels: 

House of hope too small

[SOUNDCLIP] ‘I got my girls back’ 

Final chapter for sex worker: Tiffany’s road to recovery

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 435 3799.

Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Roodepoort Record en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Back to top button