Local newsNewsUpdate

[VIDEO] ‘n Oplossing vir die bedelprobleem?

Bedel, dwelms en prostitusie. Krugersdorp ken dit goed. Maar is daar ‘n oplossing?

Kyk ons almal die bedelaar by die verkeerslig aspris mis?

Kundiges beveel dit aan omrede ‘n geldjie in hul sak die probleem ‘n negatiewe hupstoot gee.

“Die bedelaar wat bedel om sy dwelm- of drankverslawing te ondersteun sal nie daardie verslawing verder kan ondersteun as hy nie die geld het daarvoor nie. Daarom glo ons dat bedelaars op straathoeke nie geld gegee moet word nie,” het Pi Pretorius vertel. Hy is ‘n kundige op die gebied van dwelmverslawing en bedelary by The Bethany House Trust.

“Ons glo in ‘n motiveringsproses.”

Pi het gesê ‘n persoon wat in daardie gat geval het moet weer gemotiveer word om ‘n volle lewe te lei. Iemand wat voel sy of haar lewe is niks werd nie en wat dwelms gebruik om hul emosies af te skakel, het holistiese behandeling nodig.

“Ons neem soms van die ‘meisies van die nag’ wat in Luipaardstraat werk vir ‘n salonbehandeling. Hulle stap daar uit met nuwe selfvertroue.”

‘n Verslaafde moet eers weer sy drome onthou en gemotiveerd wees om dit te bereik voordat hulle na ‘n rehabilitasiesentrum toe gestuur word. Anders kry jy ‘n geval soos Michael Botha.”

Die News het by twee verskillende geleenthede oor Michael en sy verslawing berig. Hulp in die vorm van ‘n borgskap na ‘n rehabilitasiesentrum is vir hom aangebied, maar Michael het die sentrum weens sy hewige onttrekkingsimptome verlaat.

Pi meen die probleem word erger in Krugersdorp. In 2012 is 77 gevalle van verslaafdes bo 21-jarige ouderdom by Bethany Huis gerapporteer. In 2013 was daar 87 gevalle, in 2014 was daar 121 en tot dusver is 96 gevalle in 2015 gerapporteer.

Uit die 15 verslaafdes met wie Pi nou werk, is ses op die regte spoor. Hy het gesê die finansiële krane moet toegedraai word wanneer mense bedel om te kan dwelms koop.

“Daar is inisiatiewe soos by Tower of Life, waar so iemand werklik gehelp kan word.”

Met net R20 kan jy ‘n verskil in ‘n hawelose se lewe maak. Die Tower of Life-stigting in Krugersdorp bied ‘n heenkome vir haweloses. Vir R20 kan so ‘n persoon ‘n bord warm kos, ‘n stort en ‘n bed vir ‘n aand geniet. Hoe kan jy help? Borg ‘n hawelose deur vir hom of haar ‘n bewys, in plaas van geld, te gee wanneer hulle by ‘n verkeerslig bedel. Jy kan ook bewysboekies van R100 elk by Tower of Life aankoop om by jou te hou.

Skakel Anthony of Gabby by 011 660 4610 of 060 992 8719 vir meer besonderhede.

Verwante artikels:

• Clean for seven days and counting

• [VIDEO] ‘Ja, ek bedel vir dwelms’

• Beggars hungry for a fix

• Familiar faces busted during raid

Back to top button