Local newsMandela DayNews

Sopkombuis gee terug vir Mandela Dag

Meer as 60 kinders van die dorp is vir 'n dag met lekkernye en geskenkies bederf.

Om kinders te sien lag en te weet hulle kan dan vir ‘n ruk van hulle moeilike omstandighede vergeet maak dit alles die moeite werd.

Dit is hoe Christa le Roux, stigter van Deo Gloria Sopkombuis in Halse Straat, Krugersdorp haar en haar personeel se betrokkenheid beskryf het waar hulle 67 minute vir Internasionale Nelson Mandela Dag afgestaan het.

Die Deo Gloria Sopkombuis het tyd afgestaan om minderbevoorregte kinders van Krugersdorp te bederf.
Die Deo Gloria Sopkombuis het tyd afgestaan om minderbevoorregte kinders van Krugersdorp te bederf.

Meer as 60 kinders van minderbevoorregte gebiede in die dorp het reeds van vroeg af by die sopkombuis aangekom waar hulle die geleentheid gegun is om op helderkleurige springkastele te baljaar.

LEES OOK: Delicious dishes on Mandela Day

Teen die etensuur is elkeen ‘n heerlike warm bord gekookte kos gegee voordat ‘n verskeidenheid geskenkies uitgedeel is.

Kinders geniet hulleself op die kleurvolle springkastele.
Kinders geniet hulleself op die kleurvolle springkastele.

Christa het gesê elke kind het ‘n kombers en rugsak ontvang waarin ‘n Bybel, ander lekkernye en geskenkies in geplaas is.

LEES OOK: Sopkombuis kry nuwe huis

“Ons is elke jaar vandat Mandela Dag ingestel is deel van die inisiatief en sou dit beslis nie sonder die hulp en bystand van al ons donateurs kon doen nie. Dit is regtig lekker om te sien dat ‘n kinderhartjie vir ‘n dag bly gemaak kan word.”

Personeel van die Deo Gloria Sopkombuis het hande gevat om 'n gesonde gekookte bord kos vir die kinders voor te berei. Van links is Maurde Breet, Joeye Peyper, Willem Pretorius en Hilda Kruger.
Personeel van die Deo Gloria Sopkombuis het hande gevat om ‘n gesonde gekookte bord kos vir die kinders voor te berei. Van links is Maurde Breet, Joeye Peyper, Willem Pretorius en Hilda Kruger.

Sy het gesê die kinders gaan ook geleer word hoe om vanuit die Bybel te kan lees.

“Dan is die gees ook gevoed.”

Verwante artikels:

Be part of this Madiba Day initiative

School gets inspired and improved on Madiba Day

Get your hands dirty and clean your surroundings

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 435 3799.

Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Roodepoort Record en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Back to top button