Local newsMandela DayNews

Breë glimlaggies op kleutergesiggies

Mnr Suid-Afrika Armand du Plessis het kinders van Tjokkertjies vir Jesus gaan bederf.

Daar was net tande waar jy kyk.

’n Saal vol kinders is Donderdag 16 Julie met geskenkies en liefde bederf.

Mnr Suid-Afrika Armand du Plessis het kleuters by Tjokkertjies vir Jesus besoek en kolwyntjies, lekkers, skryfbehoeftes, teddiebere en komberse aan die kleintjies uitgedeel.

“Ons hoop om ‘n verskil in elkeen van hierdie kinders se lewe te maak en hulle harte bly te maak. Miskien sal hulle ook ’n verskil in iemand anders se lewe maak,” het Armand vertel.

Mnr Suid-Afrika Armand du Plessis gee vir drie-jarige Tristan Herbst 'n geskenkie.
Mnr Suid-Afrika Armand du Plessis gee vir drie-jarige Tristan Herbst ‘n geskenkie.

Hy het gesê dit is belangrik om kinders te leer om ander te help en die vreugde daarvan.

“Hetsy dit vir ’n boetie, sussie, ma, pa of maatjie is.”

Tjokkertjies vir Jesus is ’n gemeenskapsinisiatief van Cradle of Hope en Ruimsig Kerk. Dit dien as ’n kleuterskool en naskoolsentrum vir omtrent 55 kinders.

“Die kinders stap met meer selfvertroue hier uit, te danke aan ons silabus,” het Helen du Plessis, die kleuterskool se hoof vertel.

Die bederfgeleentheid is moontlik gemaak deur donasies van verskeie kleuterskole, onder andere Laerskool Roodekrans se kleuterskool.

“Ons is dankbaar vir die bereidwilligheid van mense om te help. Dit is fantasties om te weet mense se harte is so oop,” het Armand gesê.

Verwante artikels:

• Gemeenskapsentrum vuurwarm vir winter

• Die Mnr Suid-Afrika titel is syne!

• ‘n Man moet hou by sy woord

Back to top button