Local newsNewsUpdate

N14-oorledenes waarin skoolhoof sterf nog onbekend

Die bestuurder van die ander voertuig is nog in 'n bedenklike toestand in die hospitaal.

DNS-toetse word tans gedoen om te bepaal wie die ander drie oorledenes is wat in verlede maand se gru-ongeluk op die N14-hoofweg in Brandvlei, Randfontein onherkenbaar verkool is.

Die bestuurder van die BMW wat een aan die voertuig waarin Nic Diederichs Skoolhoof Günther Bühner, sy vriendin Jackie Albert wat ‘n rekeningkunde onderwyseres by dieselfde skool was en haar vyfjarige dogtertjie Alandri dood is, is volgens die polisie steeds in ‘n bedenklike toestand.

Jackie Alberts en Gunther Bühner.
Jackie Alberts en Gunther Bühner.

Kaptein Appel Ernst, ‘n polisiewoordvoerder het gesê hy word nog onder sedasie in die Leratong Hospitaal gehou nadat hy erge kop en brandbeserings opgedoen het toe die motor aan die brand geslaan het.

LEES OOK: [KLANKGREPE] Hy was ‘n skoolhoof-duisend

“Dit wil voorkom of die passasiers ‘n saamry geleentheid van Mafikeng in die Noord-Wes provinsie na die Wes-Rand area benut het toe die ongeluk gebeur het.”

IMG_9931 (Medium) (2)
Blomme, ‘n kruis en versierings is voor HTS Nic Diederichs skoolhoof Günther Bühner se huis op die skoolgronde deur personeel, leerlinge en vriende geplaas.

Inligting oor die toestand van Bühner se 16-jarige dogter Jané en Alberts se sewejarige seuntjie Luan wat ook in die ongeluk was, is nie bekend nie.

Ernst het gesê ‘n strafbare manslag saak word steeds deur die polisie ondersoek.

Anton Strauss, HTS Nic Diederichs adjunkhoof het op ‘n vorige geleentheid aan die News gesê dat Bühner se pos deur die Gautengse Onderwysdepartement hanteer sal word.

Verwante artikels:

Nic Diederichs personeel se begrafnis bevestig

Nic Diederichs principal dies in car crash

Oorlede hoof se dogter in kritieke toestand na ongeluk

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 435 3799.

Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Roodepoort Record en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Back to top button