CrimeLocal newsNews

Tref-en-trap slagoffer nie weer van plan om te help

Nadat 'n bekommerde inwoner 'n verdagte bestuurder hulp wou aanbied, word hy amper in die proses doodgery.

Rudie Diedericks het, nadat hy ‘n swaaiende motor uit ‘n inkompiesentrum in Robert Broomrylaan sien draai, besluit om sy motor te stop en uit te vind wat fout is met die drywer wat toe al agter hom was.

Maar toe Rudie by die kar kom, trap die drywer voet in die hoek en stamp hom onderstebo.

Madelein Diedericks, Rudie se vrou, was baie onsteld oor die ongeluk wat om 10.30nm plaasgevind het en voel Rudie is die laaste persoon wat só moes seerkry.

“Hy het nog altyd gestop om mense te help, al is dit vreemdelinge langs die hoofweg wat ‘n saamrygeleentheid benodig,” vertel sy.

Rudie verduidelik dat die drywer oor die pad geswaai en wydsbeen oor die lyne gery het.

Nadat Rudie besluit het dis veilig, het hy die drywer uiteindelik verbygevat.

“Ek het onmiddelik gedink daar is iets fout met die drywer. Met hierdie koue kan karre maar snaakse dinge doen,” sê Rudie.

Hy het voor die motor gestop en uit sy kar geklim.

“Ek kon ‘n jong man en ‘n passasier in die kar sien,” sê Rudie.

Rudie vertel toe voordat hy getref is, sien hy dat die motor ‘n loodgieter maatskappy se webtuiste opgehad het.

Hy het met sy gesig teen die kardeurvenster geval en sy oog, been en die boonste deel van sy kop beseer.

“Ons het die kroeg wat in die inkopiesentrum is, gekontak en uitgevind dat die kroegman die drywer onthou, ‘want hulle het ‘n paar drankies gedrink’.”

Na die voorval is Rudie en Madelein huiwerig om vreemdelinge te help.

“Wat as iemand eendag regtig hulp benodig, maar ons is te bekommerd oor ons eie viligheid om te help?”

Sersant Tshepiso Mashale, Krugersdorp Polisiedienste se woordvoerder, verduidelik mense moet nie in sulke gevalle aftrek nie.

“Die veilig van die gemeenskap is ons hoofprioriteit,” sê Mashale.

“Bel liewer die polisie met die adres van waar jy die verdagte persoon of motor gesien het, sodat hulle dit kan uitsorteer.”

Verwante artikels:

• Hit-and-run suspect appears in court

• VIDEO: Hit-and-run victim airlifted

• Hit-and-run – path of destruction

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 435 3799.

Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Roodepoort Record en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Back to top button