Local newsNewsUpdate

Oorlede hoof se dogter in kritieke toestand na ongeluk

Die skoolhoof se dogter en 'n rekeningkunde onderwyseres se seun is van die vier oorlewendes in Sondagaand se gru-ongeluk.

“Whatever comes, let it come. Whatever stays, let it stay and whatever goes… let it go.”

Só het Hoërskool Noordheuwel leerling Jané Bühner, 16, vier dae voor die noodlottige ongeluk waarin ses mense Sondagoggend (14 Junie) op die N14 in Brandvlei buite Krugersdorp gesterf het, die laaste keer op haar Facebook-blad geskryf.

Haar pa, Gunther Bühner, is skoolhoof van die Hoër Tegniese Skool Nic Diederichs en een van die oorledens.

Die foto op Facebook van skoolhoof Gunther Bühner en sy vriendin Jackie Alberts.
Die foto op Facebook van skoolhoof Gunther Bühner en sy vriendin Jackie Alberts.

Jackie Alberts, ‘n rekeningkunde onderwyser en ‘n vriendin van Bühner asook haar twee kinders was in die voertuig toe dit met ‘n aankomende voertuig gebots het. Alberts se vyf-jarige dogtertjie is ook in die ongeluk dood.

Die seun en Jané is volgens ‘n paramedikus van ER24 wat op die toneel was in ‘n ernstige toestand onderskeidelik na die Baragwanath en Milpark hospitale geneem.

‘n Boom met verskeie strikkies, versierings asook blomme is deur leerlinge, vriende en kollegas voor Bühner se huis op die skoolgronde neergelê.

Kaptein Appel Ernst, ‘n polisiewoordvoerder het gesê ‘n saak van manslag word deur die polisie ondersoek.

Back to top button