Local newsNewsUpdate

[VIDEO+FOTO’S]: Weghol vragmotor veroorsaak chaos op Krugersdorpse hoofweg

'n Vragmotor bestuurder is dood toe hy self uit 'n wegholvragmotor op die N14-hoofweg gespring het, toe die brieke glo gefaal het.

As dit nie vir die flinke optrede van mediese personeel was nie, sou meer mense in vanoggend se weghol trokongeluk op die N14-hoofweg in Krugersdorp omgekom het.

Personeellede van die Krugersdorp Brandweerstasie en ER24 het by ‘n petrolstasie op Hendrik Potgieterweg stilgehou vir hulle oggendkoffie toe die ongeluk gebeur het. Twee mense, insluitende die trokbestuurder, is dood.

Morné van Heerden, die leierbrandweerman, het gesê hulle het gehoor hoe die trokbestuurder die toeter blaas voordat daar ‘n helse slag was.

“Die hele toneel het voor ons oë afgespeel. Die trokbestuurder het op die N14 en Hendrik Potgieter-kruising uitgespring, maar het toe onder die wiele van die trok beland.”

LEES OOK: Pinehaven-kruising eis twee: raadslid eis optrede

Die vragmotor het eers teen ‘n ligte voertuig gebots, voordat dit ‘n ander een sowat 1km verder saam gesleep het.

Intussen het honderde kanne verfynde kook-olie van 4liter elk weerskante van die vragmotor afgetuimel en ‘n oliestorting op die hoofweg veroorsaak.

Hierdie olie is dié van die Amerikaanse humanitêre organisasie USAID.

Inwoners verwyder van die produkte wat afgeval het:

“Dit blyk of die vragmotorbestuurder met ‘n spoed van die heuwel afgekom het omdat die brieke moontlik gefaal het,” het Van Heerden gesê.

“Toe ons by die ongelukstoneel aankom was die vragmotor reeds aan die brand. Ons het vinnig te werk gegaan om die brand te blus, asook om die voertuig wat onder die wiele van die brandende vragmotor was uit te sleep.”

LEES OOK: Truck overturned near Pinehaven

Hy het gesê as dit nie was dat hulle by die petrolstasie was nie, kon dit baie erger gewees het.

ER24 paramedici het dadelik die bewustelose passasiers begin behandel nadat die Kake van die lewe gebruik moes word om hulle te bevry.

Inwoners verwyder van die produkte wat afgeval het:

Russel Meiring, ‘n ER24 woordvoerder het gesê ‘n passasier is per helikopter na die Charlotte Maxeke Akademiese Hospitaal vervoer.

“Ongelukkig was daar niks meer wat ons vir die bestuurder van die voertuig kon doen nie en hy is op die toneel dood verklaar.”

Die passasiers van die ander voertuig is vir kop- en borsbeserings behandel en is per ambulans hospitaal toe vervoer.

LEES OOK: Pinehaven crossing’s traffic congestion

Inwoners van die nabygeleë nedersettings het blitsvinnig die kook-olie kanne met bakkies, emmers, kruiwaens en selfs op hulle koppe verwyder terwyl Mogale City Plaaslike Munisipaliteit die pad skoongemaak het.

Konstabel Lucky Matome, ‘n polisiewoordvoerder het gesê ‘n saak van strafbare manslag word ondersoek.

Vir meer foto’s kliek hier: Runaway truck carrying humanitarian goods kills two

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 435 3799.

Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Roodepoort Record en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Back to top button