MunicipalNews

Mogale City jou morsjors!

Rommel op straathoek is 'n oogseer vir kerkgangers.

Tussen die pragtige strate van Krugersdorp se sakekern oorkant ‘n monumentale kerk lê ‘n gedrog en staar die publiek in die oë.

Rommel is op die hoek van Burger- en Rissikstraat gestrooi terwyl asblikke meters van die gemors, leeg staan.

Die News het die afgelope maand verskeie oproepe van inwoners en kerklede ontvang rakende die rommel wat oorkant die pragtige Metodiste Kerk gestrooi lê.

Een van die lesers wat ingeskakel het, beweer aan die News dat die rommel al op hierdie sypaadjie vir sowat vyf maande lank al opgaar.

Die Mogale City Plaaslike Munisipaliteit is gekontak om te bevestig wie se verantwoordelikheid dit is om die sypaadjie skoon te maak.

Na talle oproepe en eposse aan die munisipaliteit se woordvoerder wag die News steeds vir terugvoering.

Die lesers meen dat die rommel nie net ‘n seeroog is wanneer kerkgangers van die kerk verdaag nie, maar dat dit ook die gebied se waarde afbreek.

Leë vullisdromme staan meters van die rommel af, maar geen munisipalewerker is insig om die rommel op te tel nie.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130 of 079 211 8049.

Vir jou daaglikse gratis plaaslike nuus, besoek Caxton Wes-Rand se webwerwe:

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

Jy kan ook jou mening los in die kommentaarboksie onder.

Back to top button