MunicipalNews

Nuwe infrastruktuur vir Krugersdorp-Wes

Moontlike wateronderbrekings en padversperrings kan ook verwag word.

Die waterpype in Krugersdorp-Wes word opgegradeer.

Vir die inwoners in die suidelike strate van Krugersdorp-Wes (Nellie-, Dekker-, Fisher- of Stegmanstraat) is dit nie nuus nie. Die sypaadjies is reeds op plekke omgedolwe en oranje afsperrings is orals gepan. Dit is veral ongerieflik as hulle voor mense se erf werk wat in of uit moet ry van en na hulle werkplek. Dit is egter noodsaaklik dat die waterpype vervang word.

“Die waterpyplyn is baie oud en dit is beter om dit nou te vervang voor ons ’n krisis ontwikkel,” het Matthys van Tonder, die raadslid vir Krugersdorp-Wes gesê.

Die DA vra al ’n geruime tyd dat die infrastruktuur in Krugersdorp beter versorg moet word en Krugersdorp-Wes is ‘n ligpunt op dié gebied.

“Die ongerief sal nog ongeveer ’n maand duur as alles volgens skedule en plan verloop. Die waterpyplyn sal dan vir ’n paar dekades nie opgegradeer hoef te word nie,” het Van Tonder belowe. Inwoners kan verwag dat die sypaadjies omgedolwe gaan word, maar herstel sal word ná die tyd.

Moontlike wateronderbrekings en padversperrings kan ook verwag word.

Vir verdere inligting kan die volgende persone gekontak word: Org Viljoen by 011 668 0684 of Morad Consulting by 011 954 3835.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button