LettersOpinion

Bedelaars skel jou as jy nie gee nie

Tanya Coetzee van Krugersdorp skryf:

Ek will my ervaring by ‘n robot buite ‘n winkelsentrum met julle deel …

Die een ou wat goed verkoop kom staan by my venster (ek was besig om te rook daarom was my venster nog oop, anders was dit lankal toe).

Hy begin sy gesprek met die woorde, “Ek mag nie steel nie,” toe bedel hy geld.

Toe ek nie gee nie, sê hy ek moet vir hom ‘n sigaret gee. Toe ek dit nie gee nie dreig hy my en noem my die verskriklikste naam.

Waar in jou lewe kry jy dit?

Eendag sê hy dit vir die verkeerde persoon … en dan?

Ek was geskok en kan nie help om te wonder waar dinge gaan eindig nie. En vir hoe lank gaan sulke mense daarmee wegkom?

Back to top button