CrimeNews

Jong vrou in Mindalore gekaap

"As jy skree, gaan ons jou doodmaak," waarsku kapers soos hulle met die slagoffer in haar motor by die straat afry.

‘n Jong vrou in haar twintigs is in die vroeë oggendure gekaap toe sy in haar voertuig lê en slaap.

Die slagoffer het vermoedelik in haar voertuig geslaap voor ‘n woonstelblok in Mindalore toe sy van ‘n partytjie afgekom het toe ‘n groep verdagtes haar oorval het.

Die voorval het sowat 4.40vm die oggend in Corletteweg plaasgevind.

Patrolleerders van die Sektor 9 Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) het ‘n verdagte voertuig by die straat sien opjaag.

Die voertuig met die verdagtes in, het sonder hul hoofligte aan, oor die stopstraat gejaag.

Die volgende oomblik het die vrou angsbevange by die straat af gehardloop en na hulp geroep.

Die patrolleerders het dadelik na haar omgesien waar sy vir hulle vertel het dat sy pas gekaap is.

Sy het ‘n ou Toyota Conquest model gery.

Sy vertel die patrolleersders dat sy in haar voertuig geslaap het toe die verdagtes by haar kar ingebreek het en met haar in die kar weggery het.

“As jy skree, gaan ons jou doodmaak,” het sy aan die patrolleerders gesê.

‘n Tweede patrolleervoertuig het die verdagtes nagejaag.

‘n Jagtog in Albertina Sisuluweg het plaasgevind, in die rigting van Roodepoort, waar die verdagtes spoorloos verdwyn het.

Patrolleerders meen dat die verdagtes moontlik in die Princess informele nedersetting gaan skuil het.

Back to top button