Local newsNews

As koerantgogga nie gebyt het was sy onderwyseres

Wanneer Janine Viljoen, redakteur van die Krugersdorp News, nie besig is om seker te maak dat die volgende koerant uitgawe sonder foute drukkers toe gaan nie, geniet sy dit om na 'n lang dag by haar huis stil te raak.

Wat doen jy graag Vrydagaande en oor die naweek?

Op ‘n Vrydagaand eet ek gewoonlik lekker pizza saam met my man Herman voor die televisie. Naweke maak ek huisskoon, gaan op ‘n date night saam my man en spandeer bietjie tyd saam my familie.

As jy nie redakteur vir die Krugersdorp News was nie, wat sou jy dan gewees het?

Heel waarskynlik ‘n onderwyseres.

Wat is jou Nuwejaarsvoornemens?

Ek maak glad nie voornemens nie, het nog nooit nie.

Wat sou jy sê is die belangrikste deel van jou werk?

Om te delegeer en om op hoogte te wees van alles wat aangaan – of dis wat ek probeer doen!

As jy enigiets in die wêreld sou kon verander wat sou dit wees?

Dat mense – myself ingesluit – sal ophou water mors.

Jy is nie net redakteur nie, maar ook ‘n joernalis. Wat verg dit om ‘n joernalis te wees?

Baie deursettingsvermoë en passie. Jy moet ook van mense hou, of hulle nou slegte of goeie mense is.

Raak jy ooit moeg vir jou werk?

Net wanneer ek oorlaai word.

Het jy enige stokperdjies?

Nie regtig op die oomblik nie.

In watter koffiewinkel of restaurant kuier jy graag?

Die Spur

Het jy troeteldiere?

Ja, ‘n kitty-kat Marley.

Het jy ‘n spesifieke plek waar jy daarvan hou om stil te raak?

My huis.

As jy nie by die huis of by die werk is nie, waar sal ‘n mens jou kry?

Seker in die inkopiesentrums, ek hou van rondloop.

Waarheen sal jy nog wil reis en het jy enige gunsteling-vakansiebestemminge?

Sal baie graag na Las Vegas, Switzerland of na ‘n tropiese eiland toe wil gaan.  Sover is die Kaap my nommer een bestemming

Wat geniet jy die meeste van jou werk?

Sover maak my kollegas dit als die moeite werd

Wat is jou gunsteling:

Fliek: Ek het baie, maar een wat ek oor en oor sal kyk is Burlesque.

Musiek: Lekker dans musiek.

Kos: Mal oor lasagna en Franse roosterbrood.

Drankie: ‘n Cider soos Hunters, Reds of Savanna.

Winkel: Woolies (net as ek geld het), Edgars en Checkers.

Back to top button