CrimeNewsUpdate

Opvolg: Twee verdagtes steeds op vrye voet na moord

'n Moord- en roofverdagte het homself aan die Muldersdrift-polisie oorgegee.

‘n Slagoffer van ‘n gewapende roof, Jenny Henderson het talle gesteelde goedere positief geïdentifiseer nadat twee verdagtes gearresteer is vir die moord op haar man Charles en die diefstal van hul besittings.

Twee van ‘n groep verdagtes is op 10 Januarie, ‘n dag na die voorval, gearresteer en vuurwapens sowel as gesteelde goedere is gevind.

‘n Span wat bestaan uit Fist Iron Squad, die Muldersdrift-polisie, sowel as lede van die Provinsiale Intelligensie-eenheid het ‘n besoek afgelê by een van die verdagtes se sinkhuis in ‘n plakkerskamp waar hulle talle gesteelde goedere ontdek het.

Die derde verdagte het dadelik skuld erken en homself op 9 Januarie aan die polisie oorgegee.

Die ander verdagtes word steeds gesoek.

Die datum van Charles se begrafnisdiens is nog nie bekend gemaak nie. Die news verstaan dat Jenny steeds in die Life Fourways Hospitaal aansterk nadat sy tydens die aanval beseer is.

Daar word beweer dat haar neus op drie plekke gebreek is toe die aanvallers haar in die gesig geskop het.

“Ons het weereens sukses behaal deur die samewerking van die Iron Fist Squad, polisie en lede van die Provinsiale Intelligensie-eenheid. Welgedaan,” sê Terry-Ann Booyse, woordvoerder van Drift Reaction van Muldersdrift.

Verwante artikel:

• Man sterf in sy vrou se arms

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Check Also
Close
Back to top button