CrimeNews

Man sterf in sy vrou se arms

'n Bejaarde man het in sy vrou se arms gesterf nadat hulle aangeval is.

Met haar ernstig gewonde man se kop op haar skoot het ‘n bejaarde vrou van Muldersdrift angstig op hulp gewag nadat vier aanvallers met sakke vol waardevolle items van hulle woning af gevlug het.

Die vier verdagtes is steeds op vrye voet nadat ‘n huisroof en moord vroeg vanoggend, 9 Januarie in Muldersdrift plaasgevind het.

Terry-Ann Booyse, woordvoerder van Drift Reaction vertel aan die news dat die lawaai van die honde die bejaarde man omstreeks middernag wakker gemaak het. Hy is deur ‘n groep gewapende mans oorval toe hy gaan ondersoek instel het.

Daar word beweer dat die mans, twee met vuurwapens en die ander met messe, die paartjie aangeval het.

Die man is ook na bewering met ‘n houtpaal en baksteen aangerand.

“Hulle het hom buite vir dood agtergelaat,” het Booyse gesê.

Die aanvallers het daarna na die huis beweeg waar hulle die vrou vasgebind en ook aangerand het.

Na bewering kon die beseerde man die huis bereik waar hy een van die aanvallers verras het.

“Hulle het hom toe met ‘n graaf agter die kop geslaan.”

Die vrou het daarin geslaag om haarself te bevry waarna sy Drift Reaction gekontak het.

Haar man is kort daarna op die kombuisvloer in haar arms aan sy beserings dood.

Die vrou is tans in the Life Fourways Hospitaal waar sy vir haar beserings behandel word.

Na die aanvallers hulself aan drank gehelp het, het hulle om die vlug geslaan met vuurwapens, ammunisie, kontant, selfone, rekenaars en ‘n tabletrekenaar wat hulle uit die huis gesteel het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Check Also
Close
Back to top button