CrimeLocal newsNews

Bedelaar of kulkunstenaar?

Die news het 'n 'gestremde bedelaar' betrap waar hy gemaklik en normaal in 'n gang gestap het.

Dag na dag skenk Krugersdorp se motoriste hulle swaarverdiende geld aan die gestremde en hawelose bedelaars wat by byna elke verkeerslig in die dorp staan.

Die vraag is, is hierdie bedelaars regtig slagoffers van armoede en werkloosheid of is hul kulkunstenaars wat die publiek bedrieg vir dwelm- en drankgeld?

Die news het ‘n bekende gesig in Krugersdorp op heterdaad betrap in ‘n dwelmnes in Luipaardstraat toe hy heel gemaklik en normaal in ‘n gang afgestap het. Hierdie spesifieke bedelaar kul motoriste met sy mank stappie en kromgetrekte hande en voete terwyl hy geld en sigarette bedel. Nadat die news-joernalis die bedelaar uitgevang het, is daarop aangedring dat hy verduidelik wat hom makeer, maar hy het skaam gekry en die konfrontasie vermy.

Dit wil voorkom of hy net mank loop wanneer hy bedags by ‘n verkeerslig staan en bedel.

Hy het die news na sy kamer genooi waarin daar byna niks anders as ‘n gehawende matras was nie.

Die bedelaar deel glo die varkhok met onbekende vroue wat vermoedelik sekswerkers of dwelmslawe is.

Die news het hulle besittings en klere in die hoek van die kamer gesien.

“Hierdie gebou is vrot, vrot,” het die naamlose bedelaar gesê.

Hy verduidelik aan die beamptes dat hy na die dood van sy ma op staat geëindig het. Hy beweer dat sy pa in Kaapstad woon en dat hy nêrens het om heen te gaan nie.

Verwante artikels:

• Familiar faces busted during raid

• Prostitute and pimp caught red-handed

• Alleged prostitute found dead

Back to top button