MunicipalNews

Verkeerslig-bye sien rooi

'n Byenes op 'n verkeeslig in Krugersdorp-Wes maak klante van 'n handelaar die herrie in.

‘n Swerm bye is besig om amok te maak by ‘n verkeerslig in Kommissarisstraat om hul heuning teen moontlike indringers te beskerm.

‘n Besorgde inwoner het die news oor dié bye-dilemma gekontak.

Volgens ‘n karwag wat in die omgewing werk, loop mense daagliks onder hierdie aggressiewe bye deur. Die karwag wat liefs anoniem wil bly omdat hy nie graag sy werk wil verloor nie vertel aan die news hoe die bye ‘n motoris toegetakel het toe hy daar verbygery het.

Die news het verdere ondersoek gaan instel en die bestuurder van ‘n winkel (wat ook graag anoniem wou bly) wat naby die verkeerslig geleë is, genader wat beweer dat hulle geen kennis dra dat iemand deur die bye gesteek is nie.

Sy het egter erken dat hulle al verskeie pogings aangewend het om van die bye te probeer ontslae raak en het selfs Mogale City Plaaslike Munisipaliteit gekontak vir hulp.

‘n Klant het aan die news gesê dat die bye al vir sowat 12 jaar op hierdie spesifieke verkeerslig nesmaak en gewoonlik tussen September en April bedrywiger is omdat hulle die heuningkoek beskerm.

Back to top button