Local newsNews

Drie-jarige verdrink amper

Die tuinjong het die drie-jarige peuter op die bodem sien lê en dadelik na hulp geroep.

‘n Drie-jarige peuter sterk tans in die hospitaal aan nadat hy gister, 9 November tydens etensuur amper verdrink het.

Volgens inligting het die tuinjong die seuntjie op die bodem van die swembad gesien lê en dadelik na hulp geroep.

Chris Botha, Netcare 911 woordvoerder sê paramedici is deur die plaaslike brandweerstasie gekontak waarna hulle onmiddellik na die toneel is en die brandweerpersoneel aantref waar hulle reeds besig was met Kardiopulmonêre resussitasie (KPR).

“Ons paramedici het die seuntjie op ‘n ventilator gekoppel en dadelik gevorderde lewensondersteuning begin toepas.”

Hy sê dit was ‘n groot verligting toe die peuter se hart vanself weer begin klop het.

“Nadat hy suksesvol geïmmobiliseer is, is hy per helikopter na ‘n gespesialiseerde fasiliteit vervoer vir die nodige behandeling wat hy benodig.”

Botha sê nadat hy by die hospitaal aangekom het, het hy ook self begin asemhaal.

“Maar hy is steeds in ‘n kritieke toestand in die hospitaal.”

4 Comments

  1. Die berig is foutief, kry asb julle feite agter mekaar voor julle sulke berigte plaas. Tristan se ouma het hom gekry, waarna sy om hulp geroep het en toe vir die tydelike dagwerker geskree om in te spring en vir Tristan uit te haal, waarna sy ouma en tannie mond tot mond asemhaling toegepas het totdat die paramedici opgedaag het.

  2. Goeie dag Lynette
    Baie dankie vir jou kommentaar. Ons het die inligting vanaf die nooddienste ontvang en is tans besig met ‘n opvolg artikel waar ons al die feite sal publiseer.
    Vriendelike groete
    Janine Viljoen
    Redakteur

  3. Snaaks hoe gou mense ‘n storie wil maak en vra, vra ?.. Sit jou self in hulle skoene ….. hou op oordeel en dank ons Here vir die wonderwerk dat hy lewe en bid saam met ons almal dat hy gou weer by sy Mamma en Pappa Oupa en Ouma is,

Check Also
Close
Back to top button