Local newsNews

‘n Man moet hou by sy woord

Armand du Plessis, 'n Mnr Suid-Afrika-finalis het beloof om te help nadat hy die Boltonia Park besoek het.

“‘n Man van eer voeg aksie tot sy woord en lewer wat hy belowe het.”

Só sê Armand du Plessis, ‘n top 25-finalis in die Mnr Suid-Afrika-kompetisie nadat die news-span hom genader het om deel te vorm van ‘n projek in Boltonia.

Hy het self die park besoek en die ywer van die inwoners van Boltonia gesien om ‘n park wat tot verlede jaar nog ‘n stortingsterrein was, weer in ‘n gebied te omskep waar kinders kan hardloop en ‘n bal kan skop.

Hy sê hy ondersteun dus só ‘n projek omdat die inwoners die kinders van die strate af en uit kattekwaad wil hou.

As deel van die Mnr Suid-Afrika-kompetisie word daar van die deelnemers verwag om elke dag vir 100 dae ‘n verskil in hulle gemeenskap te maak. Dít vorm deel van hul Man of Honour-veldtog – vanjaar se slagspreuk.

Vyf inheemse bome is aan Lebo Motswere en sy span geskenk. Dit was dié span se idee om Boltonia Park weer vir kinders en gesinne toeganklik te maak.

Verwante artikels:

Steun vir park groei

• Park upgrade goes ahead without council support

• From dumpsite to park site

Back to top button