Local newsLocal sportNewsSchool sportSchoolsSport

Impala stuur 19 gimnaste SA’s toe

Dié gimnaste gaan hulle klub by die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe in Kaapstad verteenwoordig.

Altesaam 19 gimnaste gaan die Impala Gimnastiekklub se naam hoog hou wanneer hulle in Oktober aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe in Kaapstad deelneem.

Louise Gardner, ‘n afrigter wat ook as een van die beoordelaars aangewys is, sê dat sy en Linda Coetzer, die span se afrigter, van trots borrel.

In Julie het die trampoliengimnaste aan die Sentraal-Gauteng Kampioenskappe in Benoni aan die Oos-Rand deelgeneem waartydens 37 gimnaste hulle Sentraal-Gauteng kleure ontvang het.

Die junior span van die Impala Gimnastiekklub wat hulle afrigters Louise Gardner (links) en Linda Coetzer *(regs) behoorlik trots gemaak het toe hulle met medaljes by die onlangse Noord-Sone Kampioenskappe beloon is.
Die junior span van die Impala Gimnastiekklub wat hulle afrigters Louise Gardner (links) en Linda Coetzer *(regs) behoorlik trots gemaak het toe hulle met medaljes by die onlangse Noord-Sone Kampioenskappe beloon is.

Aan die einde van Augustus neem hulle toe deel aan die Sentraal-Sone Kampioenskappe waar ‘n verdere 19 gimnaste tussen die ouderdom van 9 en 14 jaar vir die Suid-Afrikaanse span gekies het.

“Alhoewel net daardie ouderdomsgroep by die kampioenskappe ingesluit mag word het al ons gimnaste wonderlik presteer tydens die Noord-Sone kompetisie. Hulle het altesaam 43 medaljes vir Krugersdorp ingepalm,” sê Gardner.

Verwante artikels:

• Gimnaste verwerf Sentraal-Gauteng kleure

Back to top button